Wat die Bybel sê oor … Liefde
- BybelANTWOORD
- Simon Seekoei uit Begin jou dag met God
God wil met elkeen van ons deur sy onvoorwaardelike liefde ’n persoonlike verhouding hê. Hy wil ook hê dat jy sy liefde in jou huwelik sal uitleef.
Ondersoek jou manier van liefdesbetoning aan ander
Baie mense sê hulle het mekaar lief. Dis dalk waar, maar hulle leefwyse getuig nie altyd van dié liefde nie.
“Soen my, soen my weer en weer! Jou liefkosings is beter as wyn” (Hooglied 1:2).
Gee jou oor aan die kuns van liefhê. Laat jou liefde kosbaarder wees as goeie wyn.
Sommige mense se liefde is besitlik of verstikkend. Die ander party wil hulle daaruit loswikkel. Dan voel die ander party te na gekom. Ek is dan so lief vir my man!
Die hóé van jou liefde is hier ter sprake. Maak seker dat jou maat jou manier van liefhê kan waardeer en geniet.
’n Mens aanvaar maklik dat almal instinktief weet hoe om liefde te betoon. Ongelukkig bewys die resultate die teendeel.
Keer dat jou liefde ’n onderdrukkende ervaring vir die ander party word. Of ’n verstikkende, ...
Teken in
Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die ...
Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...