Wat die Bybel sê oor ... Dankbaarheid

Wat die Bybel sê oor … Dankbaarheid

Om in dankbaarheid te lewe, is ’n belangrike daaglikse aktiwiteit. Soms raak ons egter so vasgevang in alles dat ons vergeet om dankie te sê.

Wees dankbaar vir elke dag deur God geskenk

Lewe elke dag met dankbaarheid. Beskou dit as ’n nuwe dag uit sy hande – ’n geskenk propvol moontlikhede en verrassings net vir jou. Gister is vir goed verby. Loof die Here, want Hy is goed.

Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie (Psalm 118:1)!

Maak hierdie beloftes jou eie: Eerstens, Hy is aan jou kant.

Tweedens, jou lewe gaan daaroor om sy verlossingsdade te verkondig. Derdens, Hy is jou Vader.

Vir baie mense lyk dit asof Hy so ver is – totaal onbetrokke by ons as mense. En soms lyk dit of die afstand net groter word. Maar die psalmis se woorde, “U is my God”, is die vertrekpunt om elke dag nuut te leef. Hy word eerste geplaas.

Jesus maak sy Vader se karakter so duidelik vir ons – Hy het die ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Elke mens beskik oor ten minste een spesiale Godgegewe gawe. Jy hoef dit nie te verdien, te koop of daarvoor te vra nie. Dit word ...

Om te waag is om te groei. Dit kan egter gevaarlik wees om risiko’s te loop. Hoe leer jy jou kind om gesonde kanse te ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!