Wat die Bybel sê oor - Uitdagings

Wat die Bybel sê oor … Uitdagings

Die meeste van ons vrees gewoonlik enige vorm van uitdaging. Ons assosieer dit met pyn en moeite. Maar elke hindernis kan ’n geleentheid wees – mits ons dit op ’n positiewe wyse benader.

Die lewe is ’n uitdaging, gryp dit aan

Almal strewe na vooruitgang, maar niemand hou van uitdagings nie. Veral as dit afgedwing word, is ons geneig om dit te verafsku. Deur ’n positiewe gesindheid te behou, kan jy dit in jou guns laat tel.

Doen alles sonder kla of teëpraat. Om dieselfde rede moet julle ook bly wees, ja, saam met my bly wees (Filippense 2:14, 18).

Jesus se omstandighede het Hom gereeld uitgedaag. Maar omdat Hy geweet het dit was nodig vir die volgende fase van sy lewe, het Hy dit omhels en die uitdaging aanvaar. Hy het dan bloot op die plan van sy Vader voortgebou.

Uitdagings gebeur, of jy daarvan hou of nie. Dis deel van die lewe. Jy word nie uitgesonder nie.

Daarsonder kan daar nie verbetering wees nie. Dis net ’n ander manier waarop jy dinge kan beskou.

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die ...

Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!