Wat die Bybel sê oor … Mislukking
- BybelANTWOORD
- Hennie Stander uit: Begin jou dag met God
Het jy ook al rondgeloop met daardie swaar gevoel dat jy ’n teleurstelling is en niks reg doen nie? Moenie daardie leuen glo nie! Jy het dalk misluk, maar jy ís nie ’n mislukking nie.
Jou foute maak nie van jou ’n mislukking nie
Almal ken mislukkings en almal maak foute. Dit beteken nie jy as mens het gefaal nie. Jy kan baie uit jou foute leer sodat jy nie weer dieselfde doen nie. Jy het steeds potensiaal!
... God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het (Efesiërs 2:10).
Jy kry nie die bevordering waarvoor jy so hard gewerk het nie. Julle skei en jy voel soos ’n misoes. Of jy voel sommer net jou lewe val uitmekaar. En dan wonder jy waarom God jou gemaak het.
Natuurlik maak almal foute. Wie kan nie voorbeelde van mislukkings opnoem nie! Maar daar is ’n reuseverskil tussen: “Ek het drie keer misluk,” en “Ek is ’n mislukking”.
Mislukking is ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Berou het ’n veel dieper betekenis as om bloot jammer te wees. Die woord beteken ook dat ’n mens anders oor die saak dink. Wys ...
Dis moeilik om informasie waaraan ons blootgestel word oordeelkundig te gebruik. Wanneer die pad duister voel, onthou: Ons dien ’n God van wysheid. Wysheid is ...