Ons probeer daagliks net “oorleef”. Ons wil net alles aan die gang hou. Om dus nog tyd vir groei uit te koop is sekerlik een van die grootste uitdagings.

Persoonlike ontwikkeling moet ’n prioriteit vir jou wees

Ons wil so graag ons geliefdes se gevoelens, behoeftes en drome vervul. In die proses vergeet ’n mens van jou eie waarde. Wat gebeur dan in jou binneste? Eintlik leef jy dan nie meer nie; jy bestaan net voort!

Ons wil so graag ons geliefdes se gevoelens, behoeftes en drome vervul. In die proses vergeet ’n mens van jou eie waarde. Wat gebeur dan in jou binneste? Eintlik leef jy dan nie meer nie; jy bestaan net voort! Vir ’n boom is daar nog hoop; al is dit afgekap, kan dit weer uitloop, en sy lote sal aanhou groei (Job 14:7).

Ons wil so graag ons geliefdes se gevoelens, behoeftes en drome vervul. In die proses vergeet ’n mens van jou eie waarde. Wat gebeur dan in jou binneste? Eintlik leef jy dan nie meer nie; jy bestaan net voort!

Vir ’n boom is daar nog hoop; al is dit afgekap, kan dit weer uitloop, en sy lote sal aanhou groei (Job 14:7).

God het elkeen van ons gevorm met ’n uniekheid om tot die samelewing by te dra.

Daarom is ons eerstens teenoor God verantwoordelik om te groei tot die beeld wat Hy van ons vra. Slegs só kan ons ’n verskil maak.

God is die Een wat nie oor jou lewe ophou droom nie. Sy begeerte is dat jy jou volle potensiaal ontdek en bereik. Jou gemaksone is dalk ’n lekker plek om in te wees, maar jy sal nooit daar groei nie.

Dit is tyd om in jouself te begin glo.

Jy mag jouself vertrou dat jy bekwaam genoeg is. Jy mag méér as jou huidige prentjie wees.

Hoe meer jy fokus op wie jy is, waarvan jy hou, en waarheen jy op pad is, hoe meer sal jy in elke faset van jou lewe groei.

Ontwikkel deur jou verhoudings met ander mense

Liefde is ’n natuurlike eienskap wat aan almal bekend is. Dit maak nie saak watter soort persoon jy is nie: introvert of ekstrovert. Elkeen is geskep om te alle tye liefde aan mekaar te bewys.

En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle (1 Tessalonisense 3:12).

Dit is maklik om liefde te wys aan diegene vir wie ons wíl liefhê, maar naasteliefde beteken: élke mens. Dus mag ons nie ons liefde slegs uitdeel aan uitgesoektes, en volgens ons eie bepalings en voorwaardes, nie.

Ongelukkig is daar ook ’n risiko aan liefde verbonde. Hierdie behoefte maak jou kwesbaar vir teleurstelling en seerkry. Moenie toelaat dat vrees keer dat jy in verhouding met ander groei nie.

Maak tyd om mekaar beter te leer ken.

Soveel keer het ons ’n verkeerde siening oor ander, maar ons verstaan nie werklik die persoon se hart en omstandighede nie.

Daarom het ons die Here se hulp nodig. Hy moet ons daagliks leer om na ander te kyk deur sy oë, en nie met dié van ons sondige geaardheid nie.

God kan ook vir jou só gebruik om ’n persoon te bereik en ’n lewe te verander.

Wanneer ons geestelik grootword beweeg ons nader aan God

Ons is daagliks op ’n lewensreis. Op dié reis bestee ons soveel tyd en krag om na tydelike dinge te soek. In die proses verloor ons God al hoe meer. Ons dryf van ander af weg.

Ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe (Efesiërs 4:15).

Ons jaag gesondheid na, maar verwaarloos ons geestelike welstand. Ons soek die nuutste modes en tabberds, maar ignoreer die klere van geregtigheid.

Ons soek geluk, maar kan dan nie verstaan waarom ons dit sonder God nie kan vind nie.

God stel nie belang in oppervlakkige verhoudings nie. Hy soek mense wat Hom werklik dien en volg.

God soek nie net jou bid en Bybellees, en soms kerk toe gaan, nie. God wil graag eerste op jou prioriteitslys wees. Hy wil betrokke wees by elke aspek van jou lewe.

Dít vra dat jy deurdruk en jou commit. Só verander Hy jou volgens sy beeld en kan jy by God se groot plan inpas.

As jy geestelik wil groei, moet jy bereid wees om by Jesus se voete te sit. Maak tyd om oor sy Woord na te dink. Doen dan wat Hy van jou vra.