Eet heerlik en gesond aan seekos
- Kook gesond
- Izelle Hoffman, leefstylsjef
Seekos is ’n gesonde opsie vir ’n maklike middag- of aandete, maar met die regte voorbereiding is dit ook ’n fynproewersmaaltyd.
Seekos is ‘n veelsydige lekkerny en is ’n treffer op sy eie of by pasta, op toebroodjies, in taco’s en roerbraai.
Vis is ’n uitstekende bron van goeie laevet- en laecholesterol-proteïene, vitamiene, minerale en omega 3-vetsure.
As jy seekos om gesondheidsredes kies, sal die gaarmaakproses en hoe dit voorgesit word, ’n belangrike oorweging wees.
Stokvis, kabeljou, koningklip en tongvis is laag in vet. Dit is raadsaam om altyd eerder die droë geroosterde opsie te bestel. Vra dat hulle nie meel gebruik nie, en geniet dit saam met slaai in plaas van rys of skyfies. Of oorweeg ’n sushi-voorgereg.
Teken in
Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die ...
Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...