Die merkwaardige geur en gesondheidsvoordele van gemmer

Die merkwaardige geur en gesondheidsvoordele van gemmer

’n Mens kan hierdie veelsydige spesery vars, in poeiervorm, in olievorm of as sap gebruik.

Dit is ryk aan vitamien C, magnesium en ander minerale, wat dit uiters voordelig maak vir jou gesondheid.

Gemmertee met rou heuning, peperment of suurlemoensap word aanbeveel vir enigiets van maagkrampe, oggendnaarheid en reissiekte tot die verligting van hoofpyn, verkouesimptome en stres.

Gebruik dit gerasper saam met suurlemoensap, rooipeper en rou heuning om jou immuunstelsel te versterk. Dit bevorder spysvertering en die absorpsie van voedingstowwe. Dit kan jou ook help om ’n paar meer kilojoules te verbrand deur jou lus vir vetterige kos te help onderdruk.

Die vitamiene, minerale en aminosure daarin kan help om jou bloedsirkulasie te herstel en te verbeter terwyl die anti-oksidante, inflammasie, die pyne en skete as gevolg van artritis, en ander spier- en gewrigsprobleme verlig.

Die feit dat dit soveel gesondheidsvoordele inhou, beteken gelukkig nie dat dit soos medisyne smaak nie. Gemmer gee geur aan soet of sout, in ’n gebak saam met koffie, of vir ekstra skop in ’n pikante beesroerbraai of kerrie. Dit kan ook in slaai of saam met groente ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Rou kakao is propvol nutriënte en is gewoonlik in die meeste gesondheidswinkels beskikbaar. Dit gee die liggaam ’n hupstoot en stel goedvoelhormone vry. Cacao en ...

Eiervrug is nie net ’n uitstekende bron van dieetvesel nie, dit is ryk aan voedingstowwe en laag in kalorieë. Die sonderlinge pers vrug is ’n ...

Scroll to Top