Gebruik lynsaad vir gesonder gebak
- Kook gesond
- Izelle Hoffman, leefstylsjef
Gewoon, met blou bessies verkleur of met sjokolade gegeur ... ’n Plaatkoekie bly maar ’n wenner!
Vir ’n gesonder weergawe gebruik lynsaad as plaasvervanger vir die meel in die plaatkoekieresep. Dié klein, bruin of goudkleurige saadjies is een van daardie bestanddele wat ’n noodsaaklikheid in die koskas is.
Volgens studies is lynsaad – ook bekend as vlassaad – ryk aan omega 3-vetsure, wat goed is vir jou gemoed. Daarbenewens hou dit ook ’n hele rits ander gesondheidsvoordele in. Dit is anti-inflammatories en propvol gesonde vesel en olies, wat jou langer versadig laat voel.
Dit bevat baie hoë vlakke slymerige gom wat wateroplosbaar is en wondere verrig vir die spysverteringskanaal. Deur te verseker dat kos die maag nie te vinnig verlaat nie, dra dit daartoe by dat die maksimum hoeveelheid voedingstowwe geabsorbeer kan word. Die vesel in lynsaad ondersteun ook die ontgiftiging van die kolon, wat uiters belangrik is vir jou algehele gesondheid.
Gemaalde lynsaad word makliker verteer. Aangesien dit glutenvry is, is dit die ideale plaasvervanger vir meel in gebak soos muffins, brood, beskuit of klein koekies.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Wat ook al gebeur, Hy is met my” Op sangeres RIANA NEL se geloofspad was daar al baie op- en afdraandes. Sy stap dit dapper ...
Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe ...