Genade, goedheid en guns

Genade, goedheid en guns

Die Here sal by jou wees. Die genade sal by julle wees!
(2 Timoteus 4:21-22)

Laat die klere maar oud wees, die speelgoed skraps, die kos op die bord basies, die spyskaart voorspelbaar, die mure jare laas geverf, die stoelbekleedsels verweer, die mat uitgetrap en die kastrolle vol duike en hopeloos verouderd volgens hedendaagse standaarde.

Vul so ’n omgewing met menslike genade – ’n gesindheid wat ook as liefdevolle goedheid omskryf kan word – en die verweerde ou stoel word ’n stukkie hemel, die mat latertyd se soet herinnering, die klere ’n terloopsheid.

Babas en kleuters het liefdevolle goedheid van hul ouers en sibbe nodig, so ook tieners van mekaar én hul gesinslede, huweliksmaats van mekaar, bejaardes van hul volwasse kinders en selfs hul onvolwasse kleinkinders. Niemand kan sonder liefde leef nie.

O, wat ’n God dien ons nie! Watter versekering van liefdevolle goedheid gee Hy nie deur sy Seun aan elkeen nie! So anders as die gode van die Ooste, die gode van antieke Egipte, die afgode van antieke Kanaän – ja, so anders as onsself as ons eie god – is Hy! Hy is liefde ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die ...

Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!