Die krag van gebed is groot

Die krag van gebed is groot

As U maar die hemel wou oopskeur en wou afkom sodat die berge voor U skud! Kom af soos ’n vuur wat fynhoutjies laat brand, soos ’n vuur wat water laat kook.
(Jesaja 64:1-2)

Wat ’n vurige gebed deur die profeet Jesaja, aan wie God die koms van die Messias, reeds 700 jaar vóór sy geboorte, openbaar het! Jesaja was onversetlik in sy geloof en het onverskrokke vasgehou aan sy belofte van die Here.

Al sou hy nooit in sy leeftyd die fisieke geboorte van Jesus sien nie, was hy oortuig daarvan in sy gees, en seker in sy hoop dat die Verlosser wel sou kom. Juis met hierdie geloof kon hy uitroep na sy Vader, wat dan ook sy gebed geëer en verhoor het.

Hier sien ons die krag van gebed in aksie. Ons gebed op aarde is nie gebonde aan ons leeftyd nie, maar strek van geslag tot geslag, oor geslagte heen. Honderde jare ná Jesaja se afsterwe verhoor die Vader in sy almag die gebed van sy dienaar Jesaja. God sélf kom af na sy kinders toe, om hulle te red uit die kloue van die vyand ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie … Liewer arm wees en eerbaar lewe as oneerlik lewe en ryk wees. (Spreuke 28:5-6) ...

Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die ...

Scroll to Top