#VrolikEnBly
- Leef nuut
- Vroue wat Glo-retreat
Voelgoed Media en Vroue wat Glo hou wéér retreat! Jy en jou geloofsvriendinne word uitgenooi om saam met topklas sprekers soos Liesel Krause-Wiid, Susan Coetzer, Hykie Berg, Karien Basson en Wanda Bam te kom leer om ’n vry, vrolike Christenvrou vol blydskap te wees.
Dit is maklik om vrolik te wees wanneer alles in jou lewe glad verloop. Tog, Christenwees beteken dat jy ook gelukkig moet wees selfs wanneer omstandighede teen jou draai.
Ja, ons is hartseer oor die toestand waarin die wêreld verkeer. En soms rou ons oor ’n verlies.
#VrolikEnBly herinner ons daaraan dat die seer en probleme van die wêreld nie vergelyk kan word met die vreugde daarvan om Christus te ken nie.
Maak nie saak wát nie, ons moet bly wees oor die feit dat Christus ons vrygemaak het!
Ons mag daarom nooit ons geloof en vertroue in God verloor nie, Hy sal sy hand oor ons hou sodat alles uiteindelik tot ons beswil gebeur.
Om die waarheid te sê, Christene behoort die gelukkigste van almal te wees – nie moedeloos, angstig of ongelukkig nie!
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
RENATA VAN DER MERWE het tydens die vroueoggend “Regte Vroue. Regte Geloof.” vroue geleer hoe om weer hulle voete te vind wanneer hulle geloof geskud ...
BENESCKE JANSE VAN RENSVBURG het tydens die vroueoggend Regte Vroue. Regte Geloof. vroue gemotiveer om teëspoed vierkantig in die oë te kyk. Maak blydskap in ...
Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!