Sy liefde is onbeskryflik groot

Sy liefde is onbeskryflik groot

O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!  

(Romeine 11:33) 

Ek het nog altyd aan God se grootheid gedink in terme van die skepping. Dit is vir my soos ’n allemintige skilderdoek, wat sy manjifieke grootheid vir ons uitstal. Dink aan die byna skrikwekkende omvang van die heelal wat gemeet word in terme van ligjare. ’n Afstandseenheid wat op sigself ’n mens se kop laat duisel. Deur die eindeloosheid weergalm dit: God, as Skepper, is gróót!

Maar nie nét in die makrokosmos nie. Ook in die “middel”- en mikrokosmos, sien ons sy grootheid. Die middelkosmos verteenwoordig die “gewone”, sigbare aarde.

Ons sien ’n groot God in die rustelose oseane, wat Hy in toom hou met die teuels van die maan. Ons word verruk deur die glinsterende, geurige druppel nektar wat Hy in die kelk van ’n wit lelie skink, deur die kleuredos van ’n troupant en ’n suikerbekkie.

In die mikrokosmos verwonder ’n mens jou aan iets so minuskuul soos ’n nanosekonde, die ontsagwekkende, byna onmeetbare klein skaal waarin lewensbepalende dinge ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees! (Habakkuk 2:20) Die wêreld om ons is boordensvol geraas. ...

Baie van die Jode het verneem dat Jesus daar is en het daarheen gekom, nie net ter wille van Jesus nie maar ook om vir ...

Scroll to Top