God gee vir jou ’n lelie

God gee vir jou ’n lelie

“En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie ... Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie.”

(Matteus 6:28-29) 

Die lelie is ’n simbool van ontspanning en vrede. Dit produseer ’n olie wat gebruik kan word vir massering en ook as badolie. Min dinge is so terapeuties soos ’n lekker warm bad of ’n goeie massering ná ’n lang dag. Hy sorg vir ons net soos vir die veldgras en die lelies.

Die mens is geneig om hom of haar oor byna alles te bekommer. Hoe gaan ons by vandag se verpligtinge uitkom? Kommer oor finansies, verhoudings, gesondheid, prestasies en veiligheid is roetine. Verder is daar ook kommer oor dinge wat heeltemal buite ons beheer is.

Stres is een van die grootste redes vir ’n verkorte lewe as daar na wetenskaplikes geluister word. Vandag voel moontlik na ’n “blou Maandag” gevul met kommer oor die week met al sy uitdagings. Dit is egter nodig om alles oor te gee en dit in God se almagtige ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie … Liewer arm wees en eerbaar lewe as oneerlik lewe en ryk wees. (Spreuke 28:5-6) ...

Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die ...

Scroll to Top