Kies uit een van die ATKV se sewe spogoorde vir ’n vakansie wat die hele gesin sal geniet. Daar is iets vir almal, of jy nou die bos, see of berge verkies.
Die kwartaal is verby en julle gesin verdien dit om weg te breek vir ’n vakansie om julle batterye vir die laaste paar maande van die jaar te herlaai.
Om ’n bakleiery tussen die kinders te voorkom en jou man tevrede te hou, is dit slim om ’n vakansiebestemming te kies wat iets vir almal bied.
Daar is iets vir oud en jonk om te geniet by enigeen van die ATKV se spogoorde, of jy nou die berge, bosveld of see verkies.
’n Avontuur vir die hele gesin
Is jy op soek na die volmaakte gesinsvakansie?
Gevul met aksie en avontuur, of net luilekker rus en vrede?
ATKV-Buffelspoort is die koelste kampplek in die kontrei, en is net ’n klipgooi van die wêreldbekende Sun City en minder as ’n uur se ry van Pretoria en Johannesburg.
Dit is ’n geliefde Bosveld-kuierplek en spog met ’n verskeidenheid ontspanningsgeriewe en vermaakaktiwiteite soos wipmatte, putt-putt, ’n waterglybaan, vlugbal, muurbal en nog vele meer.
Hierdie oase in die Magaliesberg bied verder ook verskillende soorte selfsorgverblyf, perfek vir elke smaak.
Waarvoor wag jy? ATKV-Buffelspoort is die ideale basis vanwaar jy die magdom toeristeattraksies in die omgewing kan verken, en streef daarna om ’n huis-weg-van-die-huis vir almal te wees.
Breek weg vir ’n Bosveldvakansie
Droom jy van ’n Bosveldvuur en ’n rustige aand onder die sterre?
ATKV-Klein-Kariba is jou alles-in-een-vakansiebestemming, en is sowat 90 minute van Johannesburg af, net buite Bela-Bela in een van die Waterberg se mooiste klowe.
Hierdie avontuur-oord spog met ’n verskeidenheid ontspanningsgeriewe en aktiwiteite soos trapbootjies, perderitte, 4-wielmotorfietse, putt-putt, ’n waterglybaan, staproetes en nog vele meer.
Dit bied ook natuurlik ’n wye verskeidenheid bekostigbare verblyf vir almal met egte Bosveld-gasvryheid soos berghuise, houthuise, vishoekhuise, ’n verskeidenheid woonstelle om van te kies, kampering en vele meer.
ATKV-Klein-Kariba is een van die mees gesogte vakansiebestemmings in Suid-Afrika! As jy ruskans kort, en op soek is na ware Bosveldgasvryheid is die oord jou antwoord!
Kuier lekker in die Laeveld
Almal het ’n wegbreek nodig en ATKV-Eiland Spa is die regte medisyne om jou te laat vergeet van die stad.
Hierdie heerlike bestemming spog heeljaar met warm, sonnige weer en saam met die uiteenlopende natuurskoon is hierdie oord een van die gewildstes in Suid-Afrika.
Met ’n verskeidenheid selfsorgverblyf, ontspanningsgeriewe en -aktiwiteite, restaurant, asook ’n helende hidrospa is ATKV-Eiland Spa net die plek vir die hele gesin om te kom ontspan.
Die rustige Bosveld-atmosfeer, die warm water en soel aande sal jou heerlik laat ontspan. Die natuurskoon, met die bokkies wat tussen die gaste rondbeweeg, bring ’n ander dimensie.
Ervaar die Laeveld-diamant in sy volle glorie. Die rustige kalmte en vreedsame stilte van die omgewing sal jou wildste verwagtinge oortref.
Kies ’n bekostigbare vakansie wat die hele gesin sal geniet om te verseker dat jy ook behoorlik kan ontspan.
Besoek atkvoorde.co.za om te bespreek.