Begin werk VANDAG aan ’n vervulde lewe

Begin werk VANDAG aan ’n vervulde lewe

Een van die belangrikste eienskappe wat die mens van die diereryk onderskei, is vrye wil. Dit gee ons die vermoë om die wêreld om ons te
verander. Hierin lê mag opgesluit, iets wat ons nie ligtelik kan opneem nie: die mag om vir onsself te kan dink, kies, skep en om nie slawe van ons omgewing te wees nie.

Droom jy van ’n vervulde lewe of het jy ’n helder visie?

Drome word nie waar nie, maar visies wel. ’n Visie is ’n droom wat begin met ’n wilsbesluit ...

Een van die belangrikste eienskappe wat die mens van die diereryk onderskei, is vrye wil. Dit gee ons die vermoë om die wêreld om ons te
verander. Hierin lê mag opgesluit, iets wat ons nie ligtelik kan opneem nie: die mag om vir onsself te kan dink, kies, skep en om nie slawe van ons omgewing te wees nie.

Droom jy van ’n vervulde lewe of het jy ’n helder visie?

Drome word nie waar nie, maar visies wel. ’n Visie is ’n droom wat begin met ’n wilsbesluit en dan oorgaan in aksie om dit te verwesenlik.
Netso kan jy jou visie van ’n vervulde lewe skep en uitleef.
Waar jy jou vandag op jou lewenspad bevind, is die somtotaal van al die besluite wat jy deur die loop van jou lewe tot op hede geneem het.
Voordat spyt inkruip, moet jy besef dat jou verlede, mislukkings, huidige omstandighede en die opinies of optrede van ander nie jou toekoms
hoef te beheer nie.
Besluit vandag om jou van al hierdie dinge af te sny. Jy het die mag om dit te kanselleer en daardie boek finaal toe te maak.

Jou toekoms en potensiaal om ’n vervulde lewe te lei, sal bepaal word deur jou keuses vanaf hierdie oomblik vorentoe

Moet dus nooit jou mag om ’n besluit te neem of die krag wat daarin opgesluit is, onderskat nie.
Elke situasie vereis van jou om reaktief of proaktief op te tree.

Wanneer jy reaktief optree, gee jy die stuurwiel van jou lewe oor aan ander mense of situasies. Kies dus om proaktief te leef en sodoende
beheer en verantwoordelikheid vir jou eie lewe te neem sodat jy jou lewe in die rigting van jou visie kan stuur.

Soos salms die see verlaat en teen rivierstrome op swem om nuwe lewe te skep, moet ons teen die norm beweeg en ons gemaksone
verlaat indien ons ’n verandering of iets nuuts teweeg wil bring. Jy gaan moeg word en die strome van die lewe gaan dreig om jou mee te sleur.

Solank jy jou oë op jou visie hou en sorg dat jy elke dag in daardie rigting vorder, sal jy al hoe sterker word. Jou reis sal al hoe makliker
word en jy sal al hoe meer van jou visie begin beleef.

Ons almal weet hoe moeilik dit is om ’n dieet of oefenprogram voluit te volg sonder iemand wat dit saam met jou doen. Dit is ook baie
moeiliker om te volhard in die strewe na en uitleef van jou visie van ’n vervulde lewe sonder ondersteuning op jou pad.

Let op na die persone met wie jy jouself omring

Is hulle positief?

  • Dra hulle jou beste belange op die hart?
  • Is hulle vooruitstrewend?
  • Tel hulle jou op?
    As jy nee op een of meer van hierdie vrae geantwoord het, sal
    jy moet heroorweeg wie jy in jou kring toelaat

’n Vervulde lewe het nie net een bestemming nie. Dit is ’n reis met duisende bestemmings en vervullings opgemaak uit die doelwitte
en die beloftes wat jy daagliks aan jouself maak en nakom. Dit lê in die daaglikse besluite wat jy neem en in positiewe gewoontes omskakel.

Hoe sterker hierdie gewoontes word, hoe makliker sal dit wees om vrede te begin beleef.

Maak hierdie reis ’n daaglikse avontuur en merk soveel items as moontlik langs die pad af. Vier elke oorwinning, klein of groot.

’n Vervulde lewe hoef nie eendag te begin nie. Begin vandag.

Deel die artikel

Méér artikels

Jy sit in ’n fliek. Jy is die hoofkarakter in die film wat tans vertoon. Wat gaan deur jou gedagtes? Is jy tevrede met hoe ...

Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. Dit verg durf ...

Scroll to Top