Bestuur jou ambisie en tyd

Bestuur jou ambisie en tyd vir volhoubare sukses

Jy droom om iets merkwaardig met jou lewe te doen. CATHERINE VAN HEERDEN help jou bepaal of jou ambisie die tyd werd is wat jy opoffer.

Gebruik jou dade om 'n positiewe impak te maak

Ambisie is daardie energie of indringende behoefte wat jy binne-in jou het. Dit wat jou dryf om iets meer besonder of merkwaardig met jou lewe te doen.

Veronderstel vir ’n oomblik jou lewe sonder enige ambisie ...

Jy het geen droom, geen dryfkrag, geen motivering en geen ...

Jy droom om iets merkwaardig met jou lewe te doen. CATHERINE VAN HEERDEN help jou bepaal of jou ambisie die tyd werd is wat jy opoffer.

Gebruik jou dade om ‘n positiewe impak te maak

Ambisie is daardie energie of indringende behoefte wat jy binne-in jou het. Dit wat jou dryf om iets meer besonder of merkwaardig met jou lewe te doen.

Veronderstel vir ’n oomblik jou lewe sonder enige ambisie …

Jy het geen droom, geen dryfkrag, geen motivering en geen passie wat jou rig nie. Jy volg ’n daaglikse roetine waar jy slegs jou verpligtinge nakom en jy “hoop maar vir die beste”.

Napoleon Bonaparte het gesê: “Ambisie is ’n leierskapspassie wat na goeie of slegte dade kan lei. Dit hang alles af van ’n persoon se karakter en lewensbeginsels.”

Ambisie kan dus ’n positiewe of negatiewe impak maak.

Dink aan Hitler. Hy het baie ambisie gehad, maar dit vertel ’n storie van ’n wrede geskiedenis en diep wonde in die lewens van miljoene mense. Ambisie kan lei tot uitermatige selfsug, ongeduld, korrupsie en onmeetbare kollaterale skade aan menseverhoudings.

Paulus gee goeie raad in Romeine 12. Hy sê: “Moenie na hoë dinge streef nie.” Hy praat hier met die Romeinse gemeenskap – ’n crazy busy stad wat deur baie ambisieuse mense bewoon word.

Sy raad is gemik daarop om mense te waarsku teen selfverheerliking. Die gevaar om ’n wêreldse ingesteldheid te hê wat op eie ego-gratifikasie of selfsug gerig is.

Hy sê verder: “Maar voeg julle by die nederiges.” Hier verwys hy na die gemeente van Christus. Moenie dat jou ambisie jou mislei tot die verheerliking van jouself nie, maar rig jou ambisie eerder tot dit wat die koninkryk van God uitbrei. Om jou te voeg by die nederige, beteken dus om een met die gemeente van Christus te wees en Jesus se ambisie te deel, naamlik liefde, omgee, versorging en diensbaarheid.

Leef jou aspirasie uit met die tyd wat jy het

So, hoe behoort jy jou ambisie uit te leef met die tyd wat jy het?

As jou ambisie of verlange tot sukses jou dryf om ongebalanseerd te wees, kan dit ’n probleem raak. Alle mense het presies dieselfde hoeveelheid ure in ’n dag. Tyd kan nie bestuur word nie, maar jou ambisie, prioriteite en aktiwiteite kan gemonitor en bestuur word.

Die grootste geskenk wat jy aan jouself kan gee, is om so te lewe dat mense naby aan jou die vrug van jou gebalanseerde ambisie kan beleef. Dan alleenlik is jou ambisie jou tyd werd.

Onthou, jy is ’n komplekse wese wat geestelike, emosionele, sosiale, finansiële, intieme, intellektuele en fisiese behoeftes het. Jou ambisies behoort oor al hierdie dimensies te versprei en die benutting van jou tyd behoort gewig aan elke kant van jou volle menswees toe te voeg.

As jy een van daardie persone is wat jouself oortuig het dat jy net nie genoeg tyd het nie, dink weer.

Indien jy so gelukkig is om ’n volle lewe te leef, het jy ongeveer 70 tot 80 jaar om jou ambisie te ontdek en maniere te vind om dit uit te leef. Behou perspektief. Wees bedag op die areas van jou lewe waar jy uit balans raak en dink aan die langtermyn gevolge daarvan.

Dit gaan nie daaroor om meer tyd te vind nie. Die geheim lê in jou vermoë om jou ambisies te prioritiseer en so te versprei dat jy in jou totale menswees investeer.

So, hersien jou ambisie en verander dit indien nodig. Kry motivering om jou tyd sodanig te benut dat jy ’n onbevange merk in hierdie wêreld sal maak, en jou tyd met wysheid en oorleg sal gebruik.

Deel die artikel

Méér artikels

Daar is sekere basiese behoeftes en beginsels wat ons in plek moet hê in ons lewens om voluit te kan leef. Leer hoe om balans ...

Een van ons grootste struikelblokke in die lewe is konfrontasie, en dit bloot omdat ons “die vrede wil bewaar”. Ons loop op eiers oor kwessies ...

Scroll to Top