Groot veranderinge soos ’n nuwe huis, trouplanne of kinders bring nuwe verantwoordelikhede. Lewensversekering help jou om voorbereid te wees vir wat ook al voorlê.
Hoe lewensversekering jou gesin kan ondersteun
Wanneer jy aan lewensversekering dink, dink jy dalk aan ’n uitbetaling eendag in die toekoms.
Maar die regte dekking kan help om skuld soos ’n huislening of voertuigfinansiering af te betaal, of om alledaagse uitgawes soos kruideniersware, skoolfooie, rekeninge en ander huishoudelike koste te dek.
As jy kinders het, kan dit help om hul opvoeding en toekomsplanne op koers te hou.
Die doel is eenvoudig: om jou gesin finansiële stabiliteit te gee wanneer hulle dit die nodigste het en jou gemoedsrus te gee dat die mense vir wie jy omgee beter beskerm sal wees indien die onverwagse gebeur.
Lewensversekering wat saam met jou lewe verander
Lewensversekering lyk nie vir almal dieselfde nie. Jou ouderdom, lewensfase en verantwoordelikhede speel ’n rol. Hier is voorbeelde van regte OUTsurance-kliënte:
Wanneer jy jou loopbaan bou: Michelle is 28 en betaal R204 per maand vir R1 miljoen se lewensversekering.
Wanneer jy met ’n gesin begin: Mandisa wil vroegtydig beskerming vir haar langtermyndoelwitte in plek sit. Sy betaal R270 per maand vir R2 miljoen se lewensversekering.
Jou verantwoordelikhede word meer: Kerry is 43 jaar oud en sy betaal R335 vir R1 miljoen se lewensversekering.
Boedelbeplanning: Roberto is 52 en sy fokus is op sy nalatenskap en die finansiële stabiliteit van sy boedel.
Die beste tyd om lewensversekering te kry is vandag.
Of jy nou met jou eerste werk begin het, pasgetroud is, met ’n gesin wil begin, huis gekoop het, of voorsiening wil maak vir jou kinders se studies, die beste tyd om lewensversekering uit te neem is vandag.
By OUTsurance word jou lewensversekeringspremie volgens jou unieke risikoprofiel bereken, wat beteken dat jy presies die regte premie betaal en nie ’n sent meer nie.
Kwalifiserende kliënte kan boonop tot R5 miljoen lewensversekering uitneem sonder enige bloedtoetse of mediese ondersoeke.
Een oproep is al wat nodig is vir onmiddellike dekking.