Ons bestee baie tyd daaraan om gesonde verhoudings te vorm. Luister, dien en goedhartigheid maak jou ’n beter vriendin, eggenoot, kollega en familielid.
Toewyding is die kern van ’n gesonde verhouding
Die kern van ’n gesonde verhouding is om te weet jy het iemand wat regtig daar is vir jou. Soms wil ons te veel daaroor dink, te veel doen. Begin deur bloot net daar te wees.
As ons vandag se gonswoord in verband met verhoudings mag gebruik, was Jesus die uiterste voorbeeld van commitment. Hy was volkome aan ons en sy taak toegewy.
Dit moet ons nie verbaas dat verhoudings dieselfde toewyding van ons vra nie. Geen verhouding, of dit ’n hegte vriendskap of ’n huwelik is, kan tog slaag as die een persoon eindeloos meer toegewyd as die ander is nie.
Twee mense in ’n verhouding moet ten minste vergelykbaar aan mekaar toegewy wees. Daarom is dit seker vanselfsprekend dat as ons ons tot ’n verhouding verbind, ons nie ongeërg voort kan gaan met ons lewe asof niks gebeur het nie!
Tog is daar baie mense wat meen hulle kan soveel tyd en energie aan die ander persoon afstaan as waarvoor hulle lus is. Dan het hulle die voordeel van die omgee en sorg wat ’n verhouding bring, maar hulle kan steeds lewe soos hulle wil.
Jesus het ’n beeld daarvoor gehad. Hy het gesê dis soos ’n boer wat aanhoudend oor sy eie skouer kyk terwyl hy ploeg – ’n kitsresep vir skewe ploegvore!
Ewe min kan jy jou lewe vir iemand gee en ’n nuwe lewe saam
Luister is ’n kenmerk van ’n goeie vriend
Op ’n manier is luister baie soos meditasie. Ongeag gedagtes wat wil dwaal, moet jy gefokus bly op die oomblik. Wanneer jy nie mense in die rede val nie, voel hulle spesiaal.
Daar is net een manier om Jesus te leer ken, Hom regtig te volg en stil te word en te luister. Kry ’n stil plek en vra die Gees om jou te help verstaan.
Maar wat ook baie goed werk, is om partykeer net stil te word. Ons noem dit meditasie, maar dit het niks met Oosterse godsdienste te doen nie. Dis net om die Gees kans te gee om met jóú te praat.
Ons weet dat ons met ’n opdrag op aarde gelaat is. Ons moet getuies wees.
En ons moet die taak wat Jesus op aarde kom doen het, voortsit deur sy liefde na alle mense uit te dra. Die tema wat Sy wil vir jou lewe van elke dag te wete te kom. Dit is om by Hom sentraal deur gelykenisse oor waaksaamheid loop, is die tema van menseverhoudings.
Waaksaamheid beteken nie om die hele dag Bybel te lees en te bid nie – hoe onontbeerlik dit ook al mag wees! Nee, die waaksame kneg is die een wat na sy mededienaars omsien.
En die ontroue een is die een wat net aan homself dink, en dan sy mede-dienaars begin slaan en mishandel.
Die waaksaamheid wat Jesus van ons verwag in hierdie (kort!) tydjie voordat Hy weer kom, kan jy in een woord saamvat: naasteliefde.
Bou vriendskappe sonder om iets terug te verwag
Om te dien, is om ander se behoeftes voor jou eie te stel. Jy help hulle eerste sonder om iets terug te verwag. Dit verg moed en vereis dat jy eers leeg word van jouself.
Vind inspirasie om anders te wees in die wêreld van vandag. Sodat ons kan stop by die beseerde langs die pad, al kwalifiseer hy nie regtig vir ons hulp nie. Al het ons eintlik duisend ander dinge wat dringend ons aandag vra.
Vergewe tot sewentig maal sewe keer. Hierdie gesindheid moet in ons almal wees. Dit help nie ons bewonder Jesus op ’n afstand vir wie Hy is en wat Hy kans gesien het om te doen nie. Dit moet ons eerder daartoe bring om presies dieselfde te doen.
Word ’n slag leeg van jouself. Wees bereid om jou voorregte en geriewe prys te gee en jou naaste met oorgawe te begin dien. As dit nog vir jou oor jouself, jou eie voorkeure en jou eie gerief gaan, kan jy nog nie regtig ’n dienaar wees nie.
Ons moet wees soos klein kindertjies. Nie selfversorgende, belangrike mense nie, maar geringes. Dienaars.
Dit moes Maria moed gekos het om by die vertrek in te kom waar die mans om die tafel vergader was, en Jesus se voete te begin salf. Wat sou haar besiel het om dit te doen? Dis nie asof sy dit regtig kon bekostig nie.
Maar vir Maria was net die heel beste goed genoeg vir die Here.
Goedhartige konneksies gee vervulling en vertroue
Goedhartigheid is die eienskap van vriendelikheid, vrygewigheid en bedagsaamheid. Dit beteken dat jy jou oë oopmaak vir ander se swaarkry, en dan iets daaraan doen. Vervulling en vertroue in ’n verhouding word uit goedhartigheid gebore.
As jy Jesus leer ken, verander jou prioriteite. Ewe skielik begin jy ander mense as jouself raaksien. Jy begin ook die werklike waarde van materiële dinge besef: dat ons ontvang om op ons beurt ander se lewens daardeur te verryk.
Jou lewenstyl moet van reg en regverdigheid teenoor alle mense getuig. Ons moet lief wees vir mekaar en na mekaar omsien.
Ons noem dit “genade”. Die meeste van ons kan ewe min verklaar hoekom Jesus ons gekies het. Een groot woord word in enorme letters oor ons hele geloofslewe geskryf. En dit is die woord “genade”.
Ná die sondeval, het Jesus vir eens en vir altyd die volmaakte offer gebring om ons met God te versoen!
Dit spreek vanself dat om hierdie soort versoening te ontvang, tog ’n sekere verpligting op ons plaas. Ons moet nou ons dankbaarheid bewys oor só ’n wonderlike versoening. Ons doen dit deur mekaar lief te hê en te dien.
Paulus benadruk dit in Efesiërs 2. Jesus het nie net vertikaal tussen ons en God versoening gebring nie, maar het ook horisontaal versoening onderling tussen ons bewerk. Dit help nie ons verheug ons oor die versoening met God, terwyl ons nog met ons medemens oorhoops is nie.