Die lewe is wat mens daarvan maak Tracy Lange

Tracey Lange – Die lewe is wat mens daarvan maak

TRACEY LANGE se lag, passie en energie is aansteeklik. Dié gewilde radio-omroeper en TV-aanbieder is dalk ’n introvert, maar blom beslis waar sy geplant is.

Skool was nie ’n lekker plek nie. Eintlik vreemd, want ek is mal oor reëls. Trek die lyne, en ek sal nou nog baie mooi binne die strukture inkleur.

Niks sleg het gebeur nie. Inteendeel, ek was eintlik ’n witbroodjie, maar daar was altyd ’n onderliggende vrees dat ’n mens in die moeilikheid kan kom, sou jy iets verkeerds doen of sê.

Die gesukkel met ekseem, veral op my bene, was ook ’n groot struikelblok. Ek was skaam oor hoe dit gelyk het. Die rooi, skurwe vel … en die letsels wat dit later agtergelaat het. Snaaks, in my kop was dit so ’n groot “issue”. Vandag is dit asof niemand dit eens raaksien nie.

Wys jou net. Alles gaan oor perspektief en ingesteldheid. Die lewe is wat mens daarvan maak.

My lewe in die vermaakbedryf het sy op en af. Die lang ure en harde werk om jou handelsmerk te laat groei, beteken dat familiedae en kuiers saam ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die TV-aanbieder en komediant ALVIN BRUINDERS word veral onthou vir die komedie-reeks Vetkoekpaleis. Hy gesels oor terugslae en ook sy positiewe uitkyk op die lewe. ...

IVOR SWARTZ is ’n motiveringspreker en jeugpredikant by NG kerk Oosterlig, Pretoria. Hy kyk ondanks moeilike omstandighede, groot foute en swak keuses wéér die lewe ...

Scroll to Top