Medal Paints se reeks produkte help jou om grensmure en buitemure teen vog, borrelende verf en afskilfering te beskerm en geld te bespaar.
Sukses met verf word reeds tydens die voorbereidingsproses bepaal
Stap een is die grootste, maar belangrikste, naamlik voorbereiding.
Verf misluk nie sommer nie.
In meeste gevalle is dit swak voorbereiding wat lei tot ander probleme, en dan is mens ongelukkig oor die verfafwerking.
Die geaffekteerde area moet behoorlik skoon gemaak word deur verf te verwyder, tot op die rou pleister, met die gebruik van ’n staalborsel en hoëdruk-sproeier.
Met die pleister blootgestel, moet dit genoeg tyd gegee word om droog te word.
Baie nat pleister kan tot 30 dae neem!
Die wit soutuitslag (efflorescence) of muf moet verwyder word voordat nuwe verf aangewend word.
Gee jou huis die afwerking wat dit verdien met Medal Paints se reeks produkte
Vir meer inligting, besoek medalpaints.co.za of e-pos [email protected].
Seël jou muur voordat jy die bolaag begin verf
Die volgende stap is om die muur waterdig te seël.
Mure wat aan vog en water blootgestel is, moet behandel word met ’n goeie seëlaar soos Evercure EM22, gevolg deur Medal se Everbond.
Everbond is geformuleer met vesels reeds in die verf en is dus ’n membraanvrye akriel-waterdigtingsisteem wat uitstekende beskerming oral in Suid-Afrika, selfs by die kus, bied.
Everbond kan met ’n roller of kwas aangewend word en verseker dat die totale oppervlakte wat met Everbond gedek is, waterdig en geseël is.
Everbond is nie giftig nie en uitstekend vir dakke, mure en die seël van haarlynkrake.
Dit is belangrik om twee lae Everbond aan te wend, met ’n wagtyd van 4 ure tussen lae.
Kies ’n hardwerkende bolaag, wat gemaak is om te hou
Nadat jou Medal Everbond se tweede laag droog is, kan jy jou bolaag aanwend.
Medal se Panache TuffTex is ideaal vir die finale laag op buitemure, aangesien dit krake en onvolmaakthede wegsteek terwyl dit ook uitstekende weerstand bied teen vuilheid.
Só verseker jy ’n afwerking wat nie net mooi lyk nie, maar ook bestand is teen reën, wind en UV-blootstelling.
Die resultaat? Pragtige mure wat hou.