Vandag verstaan ek my seerkry

Vandag verstaan ek my seerkrypad

EFRAINE VAN HEERDEN, grimeer–kunstenaar en deelnemer aan die kykNET realiteitsreeks Op My Eish!, het besef dat ’n seerkrypad, ’n pad na wysheid is.

’n Egskeiding is beslis nie God se wil nie, maar Hy wil nie hê sykinders moet ongelukkig wees nie.

Mense vra my dikwels hoe praat ek iets reg as die Woord uitdruklik sê dat ’n egskeiding verkeerd is. Glo my, dis ’n vraag waarmee ek ook geworstel het, maar elkeen se situasie is anders.

Ek glo in genade en vergifnis ... Ek glo dis ’n pad ...

EFRAINE VAN HEERDEN, grimeer–kunstenaar en deelnemer aan die kykNET realiteitsreeks Op My Eish!, het besef dat ’n seerkrypad, ’n pad na wysheid is.

’n Egskeiding is beslis nie God se wil nie, maar Hy wil nie hê sykinders moet ongelukkig wees nie.

Mense vra my dikwels hoe praat ek iets reg as die Woord uitdruklik sê dat ’n egskeiding verkeerd is. Glo my, dis ’n vraag waarmee ek ook geworstel het, maar elkeen se situasie is anders.

Ek glo in genade en vergifnis … Ek glo dis ’n pad wat ek moes stap.

Die waarheid is dat die lewe nie net dadelik aangaan nie. Daar was drie maande wat vir my baie moeilik was. Ek was nie lus vir opstaan nie, wou niemand sien nie, met niemand praat nie, nie eet nie en ook nie glimlag nie.

Mense sê dat jy met jou seer moet dealen aangaan. Soms is die seer net te groot.

Die leuens was te veel en ’n nuwe sonskyndag het onbereikbaar ver gelyk. Vandag verstaan ek dat sekere winde ’n mens in die regte rigting stoot.

’n Nuwe droom het ná ’n lang donker nag op my gewag.My rouproses ná my egskeiding sou langer gewees het as ek dit nie reg hanteer het nie.

’n Sielkundige en ’n geestelike berader het my gehelp om weer my waarde te vind, my seer te verstaan en die proses te vertrou.

Om waarlik die pyn van onbeantwoorde liefde te verwerk, is ’n proses. Ek het my seer gevat en dit gevoel totdat God vir my gesê het dis nou genoeg.

Die leemte in my hart is met iets groter gevul – ’n groter liefde, bonatuurlike wysheid en self-aanvaarding!

God gebruik ons seer om ons te help

Vandag is ek dankbaar vir diep waters en donker dae.

Dis ’n pad wat ek moes stap. Ek het nie my waarde besef totdat dit vir my gewys is nie.

Soms verloor ’n mens jouself in ’n ongelukkige huwelik, ’n gebroke droom of selfs net in jou soeke na antwoorde – maar die antwoorde kom op die regte tyd.

Ons besef nie altyd hoe amazingons in God se oë is nie; ook nie hoe Hy ons seer gebruik om ons te vorm nie.

Ek moes van voor af weer lief raak vir myself.Ek het die gordyne oopgetrek en weer lus geraak vir die lewe. Ek het besef ek is geliefd. Ek is waardig. Ek is meer as my seer.

’n Slegte huwelik kan baie skade aanrig. Dit breek ’n mens af en dan vergeet ons hoe waardig ons is en hoe geliefd ons is. Dit verander soms ons persoonlikheid.

Ek moes leer om weer dinge te doen waarvan ek hou, om tyd alleen te spandeer en om mooi met myself te praat.

Wanneer ’n mens se vrae beantwoord word, is jy dikwels verstom. Ons vra dikwels hoekom?

Hoekom moet ek so seerkry? Vandag verstaan ek. Die lewe werk op verskillende maniere om ons by ons eindbestemming te bring.

Dis moontlik om mense te help as jy boekekennis het, maar dis makliker om mense te help as jy hulle seer verstaan.

As jy rou moet jy huil. Laat dit sy gang gaan. Dis ’n proses waardeur ons moet gaan sodat ons kan groei en ook ander kan help.

Deel die artikel

Méér artikels

CHANTEL STRUWIG werk hard om die beste weergawe van haarself te wees en sodoende lewens te verander. Sy gebruik sosiale media om vroue te motiveer. ...

Aanbieder en aktrise LINDIE STRYDOM het geleer om die wonder van die klein oomblikke te omhels en vreugde te vind in die lewe se kleinste ...

Scroll to Top