Om viool te speel in Afrikaans!

Om viool te speel in Afrikaans!

SCHEPPEL – die boerseun met die lang hare en viool. Op sy unieke manier gee hy nuwe lewe aan Afrikaanse treffers.

In my gesin het ons musiek gemaak en rugby gespeel. Musiekmaak is ’n familieding. My ma en ouma was albei kerkorreliste, en op vyfjarige ouderdom was musieklesse ons voorland.

En toe neem my ma-hulle ons na ’n Bles Bridges-konsert ... Ek was nog ’n klein seuntjie.

Ek onthou die manier waarop hy gesing en met die mense gepraat het. Hoe hy sy baadjie uitgetrek het en die gehoor in sy wêreld ingetrek het. Daar en dan het ek besluit dat ek eendag dieselfde wil doen.

Vioolspel is deel van my menswees – my hele samestelling. Konserte, musiek-eksamens, klankdigte kamers en Franse orkeste was deel van my grootwordjare. Op die ouderdom van tien het ek elke dag ses uur lank geoefen.

Dit alles het my gehelp om my instrument te verstaan en ’n liefde te kweek vir die taal wat my viool praat. Aan die begin van my hoërskoolloopbaan het ek vioolspel in Oostenryk gaan studeer.

Hoewel ek op eie ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Ma-wees kom met baie uitdagings, maar selfs in die moeilikste tye is NADIA BEUKES dankbaar vir die voorreg om ’n ouer te kan wees. Niks ...

RUHAN DU TOIT is bekend vir sy besonderse sangtalent en veral sy vertolking van The Sound of Silence. Hy glo dat ’n mens ongeag struikelblokke ...

Scroll to Top