Die vroue van die plantasies inspireer my

Die vroue van die plantasies inspireer my

HENRIETTE MARX – eienaar van Coffee Excellence en aanbieder van kykNET se program oor koffie – is opnuut nederig ná haar besoek aan Colombia. Sy maak haar hart oop oor hoe die vroue daar haar inspireer het.

My liefde vir koffie is in ’n kliphuisie voor ’n koolstoof gebore.

My oupa het vyf uur in die oggend die koolstoof warm gemaak en die ketel gekook.

Hy het ’n plek van gemoedsrus en troos geskep. ’n Plek waar ek as klein meisietjie kaalvoet deur vrugteboorde kon hardloop en met vrymoedigheid perskes kon pluk.

Daar het ek met pikswart moerbeivoetjies rondgehardloop en saam met Oupa granate oopgebreek dat die sap oor my ken spat …

Daar het ek lief geraak vir Oupa se boeretroos.

’n Koppie koffie maak emosies in mense los.

Met oë wat wonder, staar die vroue wat in die plantasie werk na my horlosie en oorbelle.

Dis asof hulle oë duidelik sê dat hulle nog nooit sulke mooi juwele gesien het nie.

Hierdie vroue se gesigte ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

JOHANNI STEENKAMP se passie is om dogters te bemagtig om gesonde en gelukkige vroue te word. Om vrede te vind in dit waarmee hulle hulself ...

CINDY NELL–ROBERTS is baie meer as net ’n voormalige skoonheidskoningin. Sy is ’n dinamiese vrou wat passievol is daaroor om ander vroue te laat mooi ...

Scroll to Top