
Dink, voel en leef beter
- Antwoorde op kwelvrae
- Maryke Groenewald, Amorie Pearson, Landi Serfontein, Kiki Smith, Catherine van Heerden, Careen Visagie.
Jy skep jou lewe deur wat jy oor jouself glo, dink en spreek. So, wees bewus van jou gedagtes en selfgesprek om sprankelend en vol selfvertroue te voel.
Dink anders en wees ’n pragtige, sprankelende vrou!
Het jy al gewonder hoekom party mense jonger lyk en ander ouer as wat hulle werklik is? Wat is die geheim?
In 1981 is ’n interessante gevallestudie gedoen met ’n groep van agt mans tussen die ouderdomme van 70 en 80 jaar. Hulle is op ’n vyfdag-wegbreek geneem.
Tydens die wegbreek moes hulle hulleself verbeel dat hulle 22 jaar jonger was.
Die omgewing is so uitgelê dat alles gelyk het soos toeka. Daar was ou tydskrifte en koerante om deur te blaai. Hulle het na televisieprogramme van ouds gekyk en oor die radio na Nat King Cole geluister.
Ná die vyf dae het die navorsers verskeie toetse gedoen en dit vergelyk met die resultate van voor die studie begin het. Wat hulle gevind het, was ongelooflik.
Die mans se liggame was sterker. Hulle gewrigte was meer buigsaam en hulle ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Maak jou reg vir iets beters en leef met nuwe geesdrif en uithouvermoë – ongeag jou ouderdom. Wie wil eendag terugkyk en sê: “Ek wens ...
Veranderings wat jy vandag in jou leefstyl maak, kan oor baie jare vorentoe sorg dat jou liggaam stadiger verouder en jou risiko vir siektes verminder. ...