Seekos is ’n gesonde opsie vir ’n maklike middag- of aandete, maar met die regte voorbereiding is dit ook ’n fynproewersmaaltyd.
Seekos is ‘n veelsydige lekkerny en is ’n treffer op sy eie of by pasta, op toebroodjies, in taco’s en roerbraai.
Vis is ’n uitstekende bron van goeie laevet- en laecholesterol-proteïene, vitamiene, minerale en omega 3-vetsure.
As jy seekos om gesondheidsredes kies, sal die gaarmaakproses en hoe dit voorgesit word, ’n belangrike oorweging wees.
Stokvis, kabeljou, koningklip en tongvis is laag in vet. Dit is raadsaam om altyd eerder die droë geroosterde opsie te bestel. Vra dat hulle nie meel gebruik nie, en geniet dit saam met slaai in plaas van rys of skyfies. Of oorweeg ’n sushi-voorgereg.