
Eet jouself gesond met dié superkosse
- Nuwe jy MENTOR
- Minette Visser
Superkosse is ryk aan talle voedingstowwe, vitamiene, minerale en anti-oksidante. Dit hou ons nie slegs gesond nie, dit kan ook as medisyne gebruik word.
Superkos is baie ryk aan talle voedingstowwe
Dit is nou belangriker as ooit om ons en ons kinders se immuunsisteem sterk te hou. Gelukkig is daar smullekker superkosse wat ons immuniteit ’n hupstoot kan gee. Superkosse is die nuwe gonswoord.
’n Superkos is ’n kossoort wat per gram baie ryk aan talle voedingstowwe is. Daar is talle superkosse in die wêreld. Hulle is vol vitamiene, minerale, anti-oksidante, vesel of gesonde vette wat die liggaam nodig het om te floreer en fantasties te voel.
’n Superkos sal altyd ’n kos wees wat van die aarde af kom – ’n regte egte kos. Daar is veral vyf superkosse wat jou immuniteit kan verbeter.
Bloubessies is ’n baie bekende en gewilde superkos. Daar is min dinge so lekker soos ’n yskoue bloubessie-smoothie op ’n warm dag. Die voordeel van bloubessies is dat ’n mens gevriesde bloubessies reg deur die jaar kan kry. Én dit is boonop ook nie te duur ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Is koffie goed of sleg vir jou? Daar is soveel teenstrydige inligting oor koffie en jou gesondheid. Vind uit hoe jy jou boeretroos skuldvry kan ...
Oefen jy net wanneer jy gewig wil verloor? Wanneer jou boude ’n bietjie kleiner moet wees vir daardie nuwe denim? Oefening hou egter soveel meer ...