Bianca van Rensburg [Oudio+Video]

Oefen met gewigte hou vele voordele in

Soos ons ouer word, word ons lyf swakker. Daarom is dit belangrik om met gewigte te oefen om jouself sterk te hou.

Daar bestaan hierdie wanpersepsie dat vroue butch of bulky gaan lyk as hulle met gewigte oefen. Vir dit om waar te wees, moet jy ’n oorvloed testosteroon in jou liggaam hê of verskriklik baie eet.

Om met gewigte te oefen, hou soveel voordele vir ’n mens in. Die eerste en die belangrikste is dat die herstelproses nadat jy met gewigte geoefen het, soveel langer is as met aërobiese oefeninge.

Hoe meer herstelwerk jou lyf het om te doen, hoe meer kalorieë gaan jy verbrand, wat beteken jy gaan meer vet verbrand.

As jy met gewigte oefen, gaan jou spiere en beenstruktuur versterk. Jy gaan ’n beter postuur hê as jy met gewigte oefen. Jy gaan beter lyk, want jou spiere is sterker en meer ferm.

Jou energievlakke gaan ook verbeter. Jy gaan beter slaap in die nag en meer energie deur die dag hê.

Dit is belangrik om te onthou, spiere weeg meer as vet. Meer spiere in ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Elke mens beskik oor ten minste een spesiale Godgegewe gawe. Jy hoef dit nie te verdien, te koop of daarvoor te vra nie. Dit word ...

Om te waag is om te groei. Dit kan egter gevaarlik wees om risiko’s te loop. Hoe leer jy jou kind om gesonde kanse te ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!