‘Dis goed om eg aan jouself te wees’ - ELMA POSTMA

ELMA POSTMA se reis na egtheid en innerlike geluk

Aktrise ELMA POSTMA gesels oor die waarde van egtheid en selfaanvaarding. Ontdek hoekom dit belangrik is om jouself te wees.

Buigsaam dink, eg leef: Hoe om jouself eerste te stel

My huislewe, hartsmense en vrede is vir my die grootste prioriteit. Om tyd te koester, beteken ’n rustiger lewe waar die waarde lê in die kleiner, eenvoudiger dingetjies.

Die slim mense sê dis beter om buigbaar te wees in jou denke as om vasgevang te raak in ’n vasgestelde manier van ...

Aktrise ELMA POSTMA gesels oor die waarde van egtheid en selfaanvaarding. Ontdek hoekom dit belangrik is om jouself te wees.

Buigsaam dink, eg leef: Hoe om jouself eerste te stel

My huislewe, hartsmense en vrede is vir my die grootste prioriteit. Om tyd te koester, beteken ’n rustiger lewe waar die waarde lê in die kleiner, eenvoudiger dingetjies.

Die slim mense sê dis beter om buigbaar te wees in jou denke as om vasgevang te raak in ’n vasgestelde manier van dink en doen.

Ek stem saam. Om elke dag ’n klein bietjie te verander – en ook jou strukture en roetines daarby aan te pas – help om hierdie buigsaamheid te kweek.

Vir ’n geswore “people pleaser” het dit makliker geword om vir ander dinge “nee” te sê.

In my jonger dae was daar dikwels die druk om by rooitapytgesellighede gesien te word. Die gevoel om te móét netwerk en skouerskuur met die regte mense by die regte plekke om in die bedryf vorentoe te beweeg.

Dis nou nie meer so belangrik nie, want my prioriteite het verander. Die groter prentjie raak al hoe duideliker. ’n Mens leer dat dit beter is om eie te wees aan jouself as om gedurig aan ander se verwagtings te probeer voldoen.

Dis ’n gegewe: Ek gaan nooit almal tevrede stel nie. Wat ’n verligting om dit te besef!

Hierdie hele nuwe lewensfase voel eintlik soos ’n deurbraak-tydperk. ’n Ontdekking van hoe ek graag die res van my lewe wil leef. ’n Besef dat geluk en sukses toe nie opgesluit lê in roem en rykdom nie, maar in die kleiner, eenvoudiger dinge.

Tyd het kosbaar geword; daarom wil ek mooi besin hoe om dit te gebruik. As ’n mens nie besluit wat belangrik is en wat nie, gaan jy altyd beskikbaar wees en altyd op “standby” leef.

Dis hoekom ek fermer oor sekere dinge geraak het.

Kies rus bo gejaag: Hoe ek tyd en vrede eerste stel

Wanneer ons besluit om weg te gaan met vakansie, is ek nie beskikbaar vir enigiets anders nie. Punt. Groot oudisies is al prysgegee as gevolg hiervan. Hoewel my werk baie lekker en vervullend is, is my huislewe, hartsmense en innerlike vrede belangriker.

Om tyd te koester, beteken ook dat daar nie meer so van die een ding na die ander gejaag word nie. Daar word doelbewus tyd gemaak om tot stilstand te kom. ’n Gunstelinggewoonte is om in die oggend voor werk te mediteer. Dit is dan nog lekker doodstil, en dit is so asof my lewe meer sin kry as ek daardie stilte inlaat.

Vir my is ’n kwaliteit-lewe opgesluit in die samesyn van lag en gesels saam met familie en vriende. Om ’n glas wyn te kan geniet en na die sonsondergang te kyk. In die reuk van ’n braaivleisvuur en die vrede om na die vlamme te staar.

Om ’n boek te lees, na mooi musiek te luister en my gedagtes in ’n dagboek neer te pen. Te kook en nuwe resepte te probeer. Ook om genoeg te slaap. In die bederf om soms vir ’n uur lank met my ma te kan gesels.

Geluk lê ook in die vryheid om net rustig te kan sit op die stoep, ondanks die lagie stof om my. Om net die lieflikheid van die oomblik te kan indrink.

Deel die artikel

Méér artikels

Sy skitter in die kollig, maar SASHA–LEE DAVIDS is in haar wese eintlik skaam en teruggetrokke. Sy moes leer om vrede te maak met wie ...

Klein, slim en bekkig. Dís hoe mense vir ELOISE CUPIDO leer ken het. Sy is ’n voorbeeld van hoe om met selfvertroue vol en uitbundig ...

Scroll to Top