My raad kom uit die hart

My raad kom uit die hart

JENNA-LEIGH BILONG is al baie deur moeilike tye in haar lewe. Nou kan sy ander mense help, want haar raad kom uit die hart en uit haar eie negatiewe ervarings.

Die besluit om in ’n plakkerskamp te gaan bly, het my meer empatie vir mense gegee. As tiener wou ek graag iewers behoort. Omdat die vriende saam met wie ek gereeld gesing en musiek gemaak het, in ’n plakkerskamp gewoon het, is ek ook soontoe.

Dit het, vreemd genoeg, vir my ’n familiegevoel gegee. Almal daar het my aanvaar soos ek is. ...

JENNA-LEIGH BILONG is al baie deur moeilike tye in haar lewe. Nou kan sy ander mense help, want haar raad kom uit die hart en uit haar eie negatiewe ervarings.

Die besluit om in ’n plakkerskamp te gaan bly, het my meer empatie vir mense gegee. As tiener wou ek graag iewers behoort. Omdat die vriende saam met wie ek gereeld gesing en musiek gemaak het, in ’n plakkerskamp gewoon het, is ek ook soontoe.

Dit het, vreemd genoeg, vir my ’n familiegevoel gegee. Almal daar het my aanvaar soos ek is. In ’n plakkerskamp leer ken jy egter ook gou die gevoel van hopeloosheid en die realiteit van armoede.

Ek het baie mense ontmoet wat hard gewerk het om die beste van hulle situasie te maak. Party huise was selfs netjieser as van die grootste mansions waarin ek al was! Tog was almal in dieselfde gevoel van bekommernis en magteloosheid vasgevang.

As ek vandag vir iemand raad gee, gebruik ek nie bloot boek- of kopkennis nie. My raad kom uit die hart omdat ek hierdie emosies al self beleef het. Ek weet wat dit verg om in moeilike omstandighede positief te bly. As my storie ander kan bemoedig en hoop gee, was die swaar tye die moeite werd.

My verlede het my sensitief gemaak vir hoe groot die Skepper se genade is. Ek weet hoe weerloos en eensaam ’n mens kan voel. Dit het ek uit my eie ervaring van huishoudelike geweld en huweliksontrou geleer!

Genesing neem tyd en vereis dat jy geduldig en eerlik met jouself moet wees.

’n Mens wens mislukkings en moeilike tye maklik weg uit jou lewe. Dit was egter juis in hierdie tye dat ek die Een wat my geskep het, die beste leer ken het.

Al die slegte ervarings gee vandag baie skietgoed waarmee ek ander kan inspireer. Ek besef nou eers dat as ek terugkyk op die pad, ek nooit alleen was nie.

As jy ander nie kan vergewe nie, word jy self ’n gevangene. Dinge soos bitterheid, ’n swak selfbeeld en die vrees dat wat jy beleef het, weer sal gebeur, oorheers later jou lewe. Dít is alles neweprodukte van onvergewensgesindheid.

Die ironie is, dit wat mense sê om jou seer te maak, sê meer oor hulle as oor jou. En jou besluit om hulle te vergewe, sê meer oor wie jý is as oor wie hulle is.

Om van slagoffer tot oorwinnaar te beweeg was ’n doelbewuste besluit. Dit het beteken dat ek moes ophou om my pynlike verlede as ’n kruk te gebruik wanneer dinge nie reg uitgewerk het nie.

Ek het besef dat ek hierdie dinge eerder as materiaal moes begin sien waarmee ek ander mense kon inspireer. Vergifnis was vir my die kern in hierdie hele “oorskakelingsproses”. Wanneer ons begin om mense wat ons te na gekom het te vergewe, word dit makliker om ons blink toekoms tegemoet te stap.

Dit breek die houvas wat die seer op ons het.

Met die hulp en krag van Bo kon ek egter die slagoffermentaliteit afskud. Die vryheid vandag is só oorweldigend dat dit my ongemaklik laat voel as iemand na my as ’n “slagoffer” verwys. Dit is net nie meer deel van wie ek is nie!

As ek terugkyk, weet ek dat alles tog die moeite werd was. Vandag kan ek ander mense deur hulle seer help, want ek was self daar. Wat ’n voorreg!

Deel die artikel

Méér artikels

Klein, slim en bekkig. Dís hoe mense vir ELOISE CUPIDO leer ken het. Sy is ’n voorbeeld van hoe om met selfvertroue vol en uitbundig ...

Hoe vind ’n mens vrede? LEE-ANN VAN ROOI het geleer dat stilword jou help om jou ewewig – jou vrede, vreugde en innerlike aanvaarding – ...

Scroll to Top