Gee hoop waar jy geplant is

Gee hoop waar jy geplant is

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.  

(Romeine 12:2) 

Ek het al ’n paar keer baie “verlore” gevoel. In hierdie groot stad waar ek woon, is daar soveel mense, soveel pragtige en duur huise, soveel blink motors en mooi mense. Partykeer voel ’n mens asof hierdie aarde jou kan insluk.  

Jy wonder by tye of jy ...

Jy wonder by tye of jy enigsins die moeite werd is, as jy nie bereid is om te kompeteer en suksesvol te wees nie. Almal rondom jou val oor mekaar om teen die suksesleer op te klim. Sommige stamp die ander links en regs uit die pad.  

Dis tye soos dié dat ek baie dankbaar is dat die Bybel my herinner dat God ’n plan het vir my. Ek is nie hier om iemand anders se lewe te lei nie. Ek is nie hier vir myself nie. Ek is ook nie hier om die wêreld vir myself ’n beter plek te maak nie. Ek is hier om die boodskap van God oor te dra. Daar waar ek werk, het Hy my geplant om hoop te gee. Hy het my lewe vir my gekies en ek sal vrede ervaar as ek binne sy wil leef. Ek hoef nie iets te wees of te word om ander te beïndruk nie.  

Hoe meer ek na die Here se wil vra, hoe meer wys Hy vir my wat Hy van my wil hê. Dis vir God belangrik dat ek vir my gesin sal omgee. Dis noodsaaklik dat ek my man sal ondersteun, dat ek vir Kristi (ons dogtertjie) van Hom sal vertel en saam met haar sal bid.  

Ek het die perfekte lewe, net soos, hoe en waar dit is – ek hoef myself met niemand te vergelyk nie.  

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top