God gee vir jou ’n roos

God gee vir jou ’n roos 

Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ’n aangename geur. Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan. (2 Korintiërs 2:14-15) 

’n Roos het ’n baie kenmerkende aroma. Die geur van ’n roos is lieflik.

Dit herinner aan die aroma en geur wat ons agterlaat as gelowiges. Die roos is ’n simbool van ons eie geestelike parfuum. Hoe ruik die geestelike parfuum wat jy nalaat? Het jy ’n duidelike, definitiewe reuk wat ...

Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ’n aangename geur. Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan. (2 Korintiërs 2:14-15) 

’n Roos het ’n baie kenmerkende aroma. Die geur van ’n roos is lieflik.

Dit herinner aan die aroma en geur wat ons agterlaat as gelowiges. Die roos is ’n simbool van ons eie geestelike parfuum. Hoe ruik die geestelike parfuum wat jy nalaat? Het jy ’n duidelike, definitiewe reuk wat jy nalaat vir diegene wat met jou in aanraking kom?

Mense moet aan jou optrede sien dat jy ’n Koningsdogter is. Jou geur moet duidelik na vore kom en mense moet jou herken aan jou unieke geestelike aroma. In 2 Korintiërs 2:14-17 lees ons hoe God die kennis van Christus deur ons versprei soos ’n aangename geur. Dit is ’n baie groot voorreg en verantwoordelikheid.

Ons let nie altyd op na hoe ons ander behandel nie. Ons is soms gejaagd en vergeet om vriendelik te wees met ons medemens. Die vrug van die Gees is liefde, vrede, vreugde, geduld, selfbeheersing, goedhartigheid, getrouheid, vriendelikheid en liefde. Vra jouself vandag af of jy hierdie elemente van die vrug van die Gees uitleef.

Jou woorde en dade het baie krag. Ons vergeet gedurig watter effek ’n positiewe gedagte kan hê. Alles begin in jou gedagtes, en uiteindelik spoel dit oor na hoe jy leef. ’n Eenvoudige glimlag is universeel en kan iemand se dag opkikker. Vra jou af of jy lewe saai. Spreek jy lewe? Indien jy onseker is hieroor, doen selfondersoek en vra God om jou gedagtes te vernuwe.

Mag jou aroma en unieke geestelike parfuum soos ’n roos vir ander wees. Mag dit soet, sag, mooi en vredevol wees. Mag jy saam met ander gelowiges in liefde die geestelike parfuum versprei wat tog só nodig is.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top