
Hoe gemaak wanneer jou geloof getoets word?
- Leef nuut
- Renata van der Merwe
RENATA VAN DER MERWE het tydens die vroueoggend “Regte Vroue. Regte Geloof.” vroue geleer hoe om weer hulle voete te vind wanneer hulle geloof geskud word.
Geloofstoetse versterk jou verhouding met die Here
Elke kind van God se geloof word getoets. Abraham, die vader van geloof, is vir ons ’n goeie voorbeeld. Hy was nog nie te oud nie, toe die Here hom vra om uit sy land te trek. Om sy familie agter te laat en te trek na ’n land wat die Here later vir hom sou wys.
Ek weet nie of ék dit sou doen nie, maar Abraham was gehoorsaam aan die Here en hy het gegaan. In daardie tyd het sy geloof gegroei.
Ná ’n ruk sê die Here vir hom: Abraham, Ek gaan vir jou ’n seun gee. Jy gaan die vader van baie nasies wees.
Een jaar, twee jaar, vyf jaar, tien jaar … Wie van ons is bereid om so lank te wag op ’n belofte? Vyf en twintig jaar later word God se belofte aan Abraham waar en word Isak gebore. Abraham se ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Moenie dat vrees jou blydskap steel nie. Skrywer en predikant LIESEL KRAUSE-WIID het vrouens tydens die Vroue wat glo funksie aangemoedig om God te vertrou. ...
Vrede is nie afhanklik van voorspoed of sukses nie. SUSAN COETZER het tydens die Vroue wat glo-retreat vertel geluk is moontlik te midde van uitdagings. ...