Hoe kies jy die regte finansiële adviseur of makelaar?

Finbond Groep Beperk verduidelik hoe om ’n betroubare finansiële adviseur of makelaar te kies, watter kwalifikasies nodig is en hoe om bedrog te voorkom.

Vind uit wat ’n finansiële adviseur se werk behels

Finansiële adviseurs kan of in diens wees van groot maatskappye of privaat optree.

Hulle is gewoonlik in diens van groot maatskappye wat daarop uit is om beleggingsgeleenthede en versekeringsopsies vir die maatskappy waarvoor hulle werk te vermeerder.

Hulle is in staat om uit ’n verskeidenheid van produkte, dienste en aandele te kies om aan jou as verbruiker die beste moontlike opsies te bied.

Die adviseur het ’n grondige kennis van sy maatskappy se produkte en kan van onskatbare waarde wees.

Op sy of haar beste, kan ’n adviseur baie goeie raad aan jou as kliënt verskaf, want hulle het ondervinding, verstaan die mark daarbuite, deel die beste praktyke van ander firmas en is veronderstel om enige probleme met individuele sake te ondervang.

Volgens Ginsberg Financial Services het baie mense al ’n stel afgetrap met onbekwame of gewetenlose makelaars of finansiële adviseurs, en daarom is dit van kardinale belang om ’n finansiële adviseur met die grootste omsigtigheid te kies.

Onthou, dit is jou geld en jou toekoms.

Jou finansiële vryheid is Finbond Groep Beperk se prioriteit.

Skakel hulle vandag of besoek finbond.com vir raad en ’n beter rentekoers.

Verseker dat jy die beste finansiële adviseur vir jou behoeftes kies

Daar is baie streng regulering oor die optrede van makelaars, wat dit makliker maak om ’n ingeligte besluit te neem.

Dit is baie belangrik dat die finansiële adviseur ’n lid van ’n professionele organisasie soos die Instituut van Finansiële Beplanners (FPI) is.

Makelaars wat lede is van sulke organisasies verbind hulle tot ’n streng gedragskode wat daarop gemik is om die verbruiker se belange te beskerm.

Hierdie lede moet ’n streng toelatingseksamen skryf wat verseker dat sulke makelaars oor hoë vlakke van kundigheid beskik.

Maak ook seker dat jou makelaar of finansiële adviseur geregistreer is by die Raad op Finansiële Dienste (RFD) en gelisensieer is. Jy kan dit nagaan op fsb.co.za.

Die finansiële adviseur moet onder meer verklaar oor watter kwalifikasies hy of sy beskik, waar hy al gewerk het, hoe lank hy in die bedryf is en watter produkte hy mag verkoop.

Dit is altyd ’n goeie idee om by ’n paar van die makelaar se huidige kliënte oor sy vermoëns en etiek navraag te doen.

Wees bedag op waarskuwingstekens met dié nuttige wenke

Ina Wilken, verbruikerspesialis en nie-uitvoerende direkteur by Finbond Groep Beperk, glo jy moet met groot omsigtigheid vir jou ’n makelaar of finansiële adviseur kies.

Ander wenke sluit in: Moenie bloot omdat ’n familielid of vriend iemand aanbeveel van die adviseur gebruik maak nie – doen deeglike huiswerk.

Vergewis jouself van bogemelde vereistes; jy wil tog die beste rendement op jou hard verdiende geld ontvang en met ’n geruste hart in die aand gaan slaap.

Wees versigtig vir die volgende: Iemand wat jy glad nie ken nie wat jou skakel met ’n beleggingsmoontlikheid; beloftes van belastingvrye beleggings; beloftes dat jy jou geld in ’n kort tyd kan verdubbel; of beleggings in projekte wat nog ontwikkel moet word.

Moet nooit ’n kontrak teken waar daar blanko spasies is nie – trek ’n streep daardeur.

Bewaar jou dokumente sorgvuldig en moenie jou intuïsie onderskat nie. As iets nie reg voel nie, is dit waarskynlik nie.

Jou finansiële vryheid is Finbond Groep Beperk se prioriteit.
Skakel hulle vandag of besoek finbond.com vir raad en ’n beter rentekoers.

Deel die artikel

Méér artikels

Weet maak leer en huiswerk doen vir kinders interessant en veilig deur toeganklike artikels, prente, video’s en luistermateriaal aan te bied wat hul nuuskierigheid prikkel. ...

Van teer tot grondpad Oktober is vervoermaand in Suid-Afrika… ‘n Tyd om te besin oor hoe ons beweeg, wat ons bestuur, en hoe ons dit ...

Scroll to Top