Hoe maak jy vrede met jou verlede? Vrede Leandie du Randt

Hoe maak jy vrede met jou verlede?

LEANDIE DU RANDT is ’n bondel positiewe energie, iemand wat die goed in elke sleg raaksien. Maar dit verg harde werk en gereelde introspeksie om in vrede te leef met die verlede.

Om traumatiese dinge te beleef, daag jou menswees, hart en karakter uit.

Dis hartseer en pynlik, en konfronteer ’n mens met baie vrae oor jouself. “Hoekom het dit gebeur? Was dit my skuld? Wat kon ek anders doen?”

As ek terugkyk, voel ek trots om groot goed in die lewe te kon oorkom sonder om suur of ...

LEANDIE DU RANDT is ’n bondel positiewe energie, iemand wat die goed in elke sleg raaksien. Maar dit verg harde werk en gereelde introspeksie om in vrede te leef met die verlede.

Om traumatiese dinge te beleef, daag jou menswees, hart en karakter uit.

Dis hartseer en pynlik, en konfronteer ’n mens met baie vrae oor jouself. “Hoekom het dit gebeur? Was dit my skuld? Wat kon ek anders doen?”

As ek terugkyk, voel ek trots om groot goed in die lewe te kon oorkom sonder om suur of bitter te geword het.

Om my ma op ’n jong ouderdom te verloor, om later te skei … Dis dinge wat ’n mens tot in jou binneste ruk.

Ek is verskriklik dankbaar vir die ondersteuning van familie en vriende. As dit nie vir hulle was nie, sou ek waarskynlik nie gewees het waar ek vandag is nie. Sterk, positief en opgewonde oor die lewe.

“Deur alles het hulle my onvoorwaardelik liefgehad. Nooit geoordeel of vrae gevra nie. Net ondersteun.” – Leandie du Randt

Ek het vriende verloor, maar daar is ook hegte vriendskapsbande gevorm. Verbintenisse wat klaar sterk was, het nog sterker geword.

Ek bevind my op ’n interessante nuwe plek, waar die grootste innerlike verandering is om minder van ’n people pleaser te wees.

Die egskeiding het my geleer ek gaan mense teleurstel. Baie lede van die publiek was kwaad, het geoordeel. Gesê hoe teleurgesteld hulle is; hoe God my verwerp.

Dit was ’n moeilike pad – om tot die besef te kom dat ek steeds goed genoeg en nie ’n uitgeworpene is nie. En dat Hy my altyd onvoorwaardelik sal liefhê.

Ek moes leer dat selfwaarde nie afhang van ander se goedkeuring nie.Dit steel net jou geluk. ’n Mens mag maar “nee, dankie” sê; en jy hoef nie jou redes te verduidelik nie.

Tog moet ek oppas om nie te kwaai te raak en te vinnig nee te sê nie.

Leef jou lewe met aanvaarding en dankbaarheid

’n Mens wil nie jou gaafheid teenoor mense verloor nie. Dit verg ’n fyn balans.

Dis al lankal ’n lewensmissie – om met bewustheid te leef. Om elke woord en gedagte doelbewus te kies, sodat dit my lewe positief voed.

Ek is ’n groot aanhanger van ’n dankbare leefstyl. Dis al tweede natuur om elke dag tien dinge op te noem of neer te skryf waarvoor ek dankbaar is. Sommer so terwyl ek tande borsel, kar bestuur, of saans in die bed klim.

Sodra ’n mens met hierdie ingesteldheid leef, kom jy gou agter wanneer jy kla – en maak dan die keuse om dit dadelik in ’n positiewe gedagte om te swaai.

Natuurlik voel ek soms bang en onseker, maar dit word onmiddellik hanteer.

Ek vra myself: “Hoekom tree ek só op? Wat laat my só voel? Wat kan ek doen om dit te verander?”

Dit word later deel van jou – om elke gevoel van mislukking, spyt of vrees in hoop, tweede kanse en dankbaarheid te verander.

’n Gevoel wat in my 20’s hoogty gevier het, was jaloesie. ’n Mens besef eers later dis nutteloos om jaloers te wees, want die ander persoon is nie jy nie. Ek kan nie soos iemand anders wees nie, want ek is gemaak om ék te wees.

Niemand kan jou magic uitleef nie. Die oomblik toe ek dít besef, het dit al die druk afgehaal om mooier, beter of meer suksesvol as ander te probeer wees.

Dit beteken: You will always win at your game. Maar ook: You must show up at your game.

Vir soortgelyke inhoud kliek hier:
Geluk is ’n keuse en nie ’n plek nie – Anja du Plessis
Artikels, Oudio en Video

Deel die artikel

Méér artikels

MINKI VAN DER WESTHUIZEN se positiewe ingesteldheid is vasgemessel deur ’n paar lesse wat sy vandag met oortuiging leef. Wees positief en sien die goeie ...

Sangeres en TV-aanbieder LEAH is positief, energiek, gewild, talentvol en het altyd ’n breë glimlag. Hoe bly sy positief, gelukkig en koester haar uniekheid? Wat ...

Scroll to Top