Hy sál vir jou uitkoms gee!

Hy sál vir jou uitkoms gee! 

Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom ... (Jesaja 43:18-19) 

Voel dit dalk vir jou jy is in ’n doodloopstraat en daar is geen toekoms, geen hoop op ’n nuwe werk, beter huwelik of sinvoller verhouding nie? Al plek waar jy nou nog ’n heenkome kan vind, is saam met Job op die ashoop waar jy ongesteurd jou wonde kan krap.

Moenie moedeloos raak nie, die Jode was ook daar. Nadat Jerusalem deur die Babiloniërs ingeval is, is die Jode gevange geneem en hulle moes kilometers ver aflê na Babel, ’n vreemde land. Die tempel wat hulle álles was, is vernietig. Vir Israel was dit die einde. Hulle hele bestaan, hulle ganse identiteit het in puin gelê.

Jesaja bring toe baie jare later vir Israel hierdie goeie nuus: God is magtiger as die gode van Babilon! Die tyd van swaarkry is verby. Maar die profeet sê ook God gaan iets nuuts doen. Die verlossing uit Babel sal ’n veel heerliker verlossingsdaad wees ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die Here het vir Samuel gesê: “Hoe lank gaan jy nog oor Saul treur nadat Ek hom as koning oor Israel verwerp het?” (1 Samuel ...

“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in ...

Scroll to Top