
Ja, jy kan … uit jou gemaksone kom
- Ja, jy kan!
- Lourens Botha
Jy leef binne jou klein, veilige ruimte. Maar jy is bedoel om meer te wees! Kom uit jou gemaksone en maak jou eie lewe én ander s’n beter, sê LOURENS BOTHA.
Gemak steel jou tyd sonder dat jy dit besef
Neale Donald Walsch beskryf dit raak as hy sê die lewe begin aan die einde van jou gemaksone. Wees eerlik en jy sal besef jy kan meer wees as wat jy reeds is.
Dis goed om die dag te begin met die vraag: Kan my impak op die wêreld groter wees? As die antwoord ja is, beteken dit jy het ’n verantwoordelikheid om die lewe op ’n nuwe, groter manier aan te pak.
Hoe doen ’n mens dit as jy so veilig binne jou eie bekende raamwerk voel? As jy gemaklik voel daar waar die lewe voorspelbaar en risiko beperk is?
Die vraag is eintlik: Is die lewe regtig voorspelbaar en is die risiko regtig so min binne jou gemaksone? Niks is 100% seker nie, so jy kan net sowel die kans vat!
Tyd is altyd teen ons ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Kies waardes wat by jóú pas! LIZETTE VOLKWYN verduidelik hoe om kernwaardes te kies wat reg is vir jou, jou lewe weerspieël en jou besluite ...
Vind uit wat vir jou belangrik is! ARMAND KRUGER leer jou hoe om jou kernwaardes te verstaan en te gebruik om ’n gelukkiger, meer vervullende ...