Jy kan jou man nie verander nie
- Gelukkig getroud
- Verwerk uit: How Changing Yourself Can Change Your Marriage
Jy weet teen hierdie tyd dat jy nie jou man kan dwing om te verander nie. Maar dalk kan jy dinge ’n bietjie anders doen om julle verhouding in ’n nuwe rigting te help stuur.
Nie alles wat in jou huwelik verkeerd loop, is jou fout nie. Is dit dan jou man se skuld? Dan moet hy mos verander! Verkeerd.
As jy besef dat jy nie jou man kan dwing om te verander nie en net jouself kan beheer, het jy reeds ’n groot stap geneem.
Jy sal uitvind dat jy jou lewe kan verander en daarmee saam julle verhouding.
Natuurlik kan jy nie binne ’n week of twee groot veranderings verwag nie. Jy sal die filosofie gedurig moet toepas en daar is altyd nog baie om te leer.
Maar dit is ’n fantastiese wegspringplek!
Leer om die onbenullige dingetjies mis te kyk
Hoe dikwels hoor ons dit nie? “Hy smyt sy klere reg langs die wasgoedmandjie neer!”, “Hoekom praat sy so onophoudelik?”, “Kan hy nie net sy voete afvee as hy inkom nie?” Só ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
As die motor ’n diens nodig het, dink ons nie twee keer nie, maar as dit by ons huwelik kom, is ons suinig. Maak tyd ...
Paartjies wat trou, glo dat hulle nugter is oor wat voorlê. Tog is dit dikwels dieselfde mense wat later skei. ’n Strategiese plan is die ...