Werkie help Afrikaanse besighede om met meer sekerheid aanstellings te maak deur kandidate kognitief te toets, kultuurpassing te evalueer en ’n bewese kortlys saam te stel.
Werkie se suksesvolle platform lewer sedert 2023 uitstekende resultate en pasgemaakte kandidate
Werkie het in 2023 begin met ’n eenvoudige waarneming: baie Afrikaanse ondernemings sukkel om kandidate te vind wat die kultuur en taal regtig verstaan.
In plaas daarvan om net CV’s aan te stuur, fokus Werkie op die einddoel: ’n aanstelling wat perfek pas en sal hou.
Werkie se groei sedertdien wys dat die behoefte ’n werklikheid is.
697 kandidate is sedertdien suksesvol geplaas, ’n getal wat meer beteken as net poste wat gevul is.
Dit verteenwoordig 697 mense se loopbane en 697 huishoudings wat ekstra stabiliteit en inkomste kry.
Werkie se impak is as die beste werwingsmaatskappy vir 2025 by Best of Pretoria aangewys.
Wanneer bestuurders self moet sif, onderhoude doen en die proses met elke aanstelling herhaal, word waardevolle tyd aan administrasie bestee.
Vir kliënte beteken dit ’n werwingsvennoot met ’n bewese rekord wat kwaliteit bo kwantiteit kies.
Werkie se model keer dat aanstellings oorhaastig gebeur en help dat tyd, geld en spanmoraal beskerm word.
Kry slegs geskikte kandidate wat regtig pas.
Plaas jou vakature vandag nog by werkie.co.za en kry slegs geskikte kandidate wat regtig pas.
Waarom ’n klein kortlys meer effektief is as honderde CV’s
In ’n tipiese werwingsiklus is oorvloed die probleem: honderde aansoeke, min tyd, en die druk om “net iemand” te kry.
Werkie werk doelbewus anders. Ná advertensies op verskeie platforms verskyn het, word alle kandidate eers kognitief getoets.
Slegs kandidate wat wys dat hulle die kernvereistes met vertroue kan hanteer, word oorweeg vir die volgende fase van die proses.
In die daaropvolgende stap kyk Werkie noukeuriger na elke potensiële kandidaat se waardes, motivering en kultuurpassing. Hier word die groep geleidelik verfyn namate daar bepaal word wie die beste by die rol én die organisasie se omgewing aansluit.
Kandidate wat susesvol deur die keurings proses en aan die vereistes word aan die klient voorgestel
Die doel is nie om mense uit te sluit nie, maar om te keer dat bestuur ure mors op onderhoude met kandidate wat nooit regtig sou pas nie.
Die uitkoms is ’n kort, gefokusde keuse met duidelike bewyse agter elke kandidaat sodat kwaliteit bo kwantiteit prakties, meetbaar, en haalbaar word.
Kliënte ontvang ’n kandidaatpakket met toetsuitslae, motiveringsinsigte en toegang tot bevoegdheidsgebaseerde aanlyn onderhoude.
Hierdie benadering ondersteun ’n meer ingeligte finale keuse en verminder die risiko aansienlik.
Hoe hierdie toetsgedrewe proses verkeerde aanstellings doeltreffend voorkom
Werkie se proses begin nie by ’n advertensie nie, maar by begrip.
’n Behoefte-analise bepaal die rol, verwante take, verwagtings en werkskultuur, want elke onderneming is anders.
Dan volg ’n gestruktureerde keuringspad: kognitiewe toetse, evaluering van waardes en motivering, en bevoegdheidsgebaseerde aanlyn onderhoude.
Die kliënt kry ’n pakket en kies watter kandidate vir in-persoon-onderhoude genooi moet word.
Ná die besluit ondersteun Werkie die finale stappe, insluitend kriminele agtergrond- en kwalifikasieverifikasie via MIE.
Die kans vir ’n verkeerde aanstelling word al kleiner.
In baie besighede kan ’n kandidaat goed praat en goed lyk in ’n onderhoud, maar sukkel om die werk prakties reg te doen.
Werkie staan ondernemings verder by: indien ’n aanstelling nie binne drie maande suksesvol is nie, word die kandidaat vervang.
Dit gee bestuurders ruimte vir kernwerk, met sekerheid dat die aanstelling die span versterk.
Werkie kan ook met die aanbod en kontrak help, sodat die laaste stappe glad en moeiteloos verloop.
Plaas jou vakature vandag nog by werkie.co.za en kry slegs getoetste kandidate wat regtig pas.