Ná 12 jaar se skoolwerk is dit verstaanbaar dat ouers en leerders daarop fokus om matriek te slaag. Maar volgens die Noordwes-Universiteit (NWU) is dit nie noodwendig voldoende om te gaan studeer nie.
Universiteitstoelating is maar net die begin van die gesprek
As jou kind daarvan droom om universiteit toe te gaan, is daar ’n belangrike gesprek wat reeds vóór die eindeksamen moet plaasvind: Om matriek te slaag en om vir universiteitstudie te kwalifiseer is nie noodwendig dieselfde ding nie.
’n Leerder se uitslae, vakkeuse en die toelatingsvereistes van die program waarin hulle belangstel, speel ’n rol.
Daarom help dit om vroeg reeds te verstaan wat die verskillende matriekslaagvlakke beteken. Moenie eers ná die uitslae uitgereik is, besef dat ’n droomkwalifikasie ander vereistes het nie.
In Suid-Afrika is daar vier verskillende matriekslaagvlakke: die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS), Hoër Sertifikaat, Diploma- en Baccalaureusgraad.
Vir ’n leerder wat ’n universiteitsgraad wil volg, is die Baccalaureusgraad-slaagvlak belangrik. Dit vereis onder meer minstens 50% in vier aangewese 20-kredietvakke en 40% in die leerder se huistaal.
Maar hier is die deel wat maklik misgekyk word: ’n Baccalaureusgraad-slaagvlak beteken nie outomaties dat jou kind tot die universiteit of kwalifikasie van sy keuse toegelaat sal word nie.
Programme kan hul eie minimum-vakvereistes, keuringskriteria en kapasiteitsbeperkings hê.
Wees jou beste self by die Noordwes-Universiteit
Vir meer inligting, besoek https://studies.nwu.ac.za/af/studies/graad11-inligting
Maak seker dat jy jou kind se APS behoorlik verstaan
Nog ’n term wat ouers en leerders vroeg moet leer ken, die toelatingspuntetelling (APS).
Die APS word uit ’n leerder se vakprestasie bereken. Dit word deur instellings gebruik om te bepaal of ’n voornemende student aan die minimum-toelatingsvereistes vir ’n bepaalde program voldoen.
Instellings en programme kan egter verskillende APS-vereistes hê.
NWU het ’n APS-sakrekenaar om jou te help: https://studies.nwu.ac.za/af/studies/aps-calculator
Dit beteken dat twee leerders albei ’n Baccalaureusgraad-slaagvlak kan behaal, maar nie noodwendig vir dieselfde studieprogramme kwalifiseer nie.
Dan is daar vakspesifieke vereistes.
’n Leerder wat byvoorbeeld ’n studierigting oorweeg waarvoor wiskunde vereis word, kan vind dat wiskundige geletterdheid hul opsies beperk.
Daarom behoort die gesprek by die huis verder te gaan as: “Wat wil jy eendag word?”
Die vrae wat gevra moet word, sluit in: Wat wil jou kind studeer? Wat is die vereistes van daardie program? En voldoen sy huidige vakke en punte aan hierdie doelwitte?
Die vrae moet eerder wees wat die kind wil studeer, wat die vereistes van daardie program is en of die kind se huidige vakke en punte aan hierdie doelwitte voldoen.
Maak van die universiteitsdroom ’n baie praktiese ding
Vir ouers beteken ondersteuning nie dat hulle elke antwoord hoef te ken nie.
Dit beteken eerder dat jy saam met jou kind vroeg die regte vrae begin vra.
Kyk saam na moontlike studierigtings en vergelyk toelatingsvereistes. Gebruik universiteite se APS-hulpmiddels waar dit beskikbaar is. Kyk veral na vakspesifieke vereestes en moenie net na die minimum kyk nie.
Dit is ook belangrik dat jou kind verstaan dat minimum-toelatingsvereistes nie noodwendig ’n universiteitstoelating waarborg nie. Kapasiteit en keuringsvereistes kan steeds ’n rol speel.
Hierdie gesprek hoef ook nie ekstra druk op ’n reeds gespanne matrikulant te plaas nie.
Inteendeel, kennis kan onsekerheid verminder. Wanneer ’n leerder weet waarvoor hulle werk, verander ’n persentasie op ’n rapport van bloot ’n punt na iets met veel meer betekenis: ’n sleutel tot ’n volgende moontlikheid.
Dalk droom jou kind daarvan om in ’n laboratorium te werk, mense in ’n hospitaal te help, ’n onderneming te bou of eendag ’n universiteitskampus hul tweede tuiste te noem.
Help hulle om nie net oor daardie toekoms te droom nie.
Help hulle om te verstaan wat dit gaan verg om daar uit te kom.
Wees jou beste self by die Noordwes-Universiteit. Vir meer inligting, besoek https://studies.nwu.ac.za/af/studies/graad11-inligting