Nie ’n OUTsurance-motorversekeringskliënt nie? Stel hulle op die proef: Jy kan óf elke maand ekstra kontant in jou sak hê óf ’n eenmalige kontantuitbetaling ontvang.
Kry ’n massiewe R1 500 as OUTsurance duurder is
Dalk vermoed jy al ’n hele ruk dat jy goedkoper kan wegkom met jou motorversekering, maar jy het bloot nie die tyd of die geduld om verskillende versekeraars te skakel en kwotasies aan te vra nie.
Juis daarom het OUTsurance ’n promosie-aanbod saamgestel waar jy hulle kan vra vir R500 kontant indien hulle duurder is as wat jy op die oomblik by jou huidige versekeraar betaal. As jy boonop vir drie opeenvolgende eisvrye jare by hierdie versekeraar is, is hulle bereid om jou R1 500 te betaal. Al wat jy hoef te doen, is vra.
En as OUTsurance goedkoper is?
Dan het jy elke maand ekstra kontant in jou sak met die geld wat jy spaar op jou motorversekeringspremie.
Klik hier om meer te lees oor regte OUTsurance-kliënte en hoeveel hulle gespaar het deur hulle motorversekering te skuif na OUTsurance. Die 48-jarige Adam het ’n massiewe R1 803 ’n maand gespaar en die 43-jarige Ilana R349 ’n maand.
Behalwe vir ’n goedkoper premie, kan jy ook gemoedsrus geniet in die wete dat OUTsurance nie persentasie-gebaseerde bybetalings het nie en dat jy altyd vooraf sal weet wat jou bybetalingsbedrag is – ongeag die grootte van die eis.
Kry toegang tot ’n reeks uitsonderlike voordele
Dink byvoorbeeld aan die legendariese kontant OUTbonus waar jy 10% van jou betaalde premies terugkry in kontant na drie opeenvolgende eisvrye jare.
Kliënte het ook toegang tot Panic Assistance-noodbystand en Help@OUT-padbystand. Panic Assistance maak spesifiek verwysing na noodsituasies waar jy jou naaste gewapende reaksie-eenheid of mediese hulp kan ontbied, enige tyd van die dag of nag.
Help@OUT-padbystand is ontwerp vir situasies waar jou motor onklaar raak en waar jy die hulp van ’n insleepdiens benodig. Jy het ook toegang tot ’n elektrisiën en slotmaker, en kan hulp ontbied in geval van ’n pap band of indien die motorbattery pap is.
Stel OUTsurance op die proef! Besoek outsurance.co.za vir ’n motorversekeringskwotasie.
OUTsurance is ’n gelisensieerde versekeraar en FDV. Premies is afhanklik van die risikoprofiel en word jaarliks hersien gebaseer op risikoprofiel en ekonomiese faktore. Die OUTbonus word uitbetaal ná drie eisvrye jare, is gebaseer op die premie en ingesluit in jou standaardvoordele. B’s en V’s aanlyn. Limiete geld.