Lag jou gesond, verdryf die stres

Lag jou gesond, verdryf die stres 

’n Vrolike mens is ’n gesonde mens, ’n neerslagtige mens raak uitgeput. (Spreuke 17:22) 

Ek lag graag hard. Dit laat my goed voel. As jy daaroor kan lag, kan jy daarmee saamleef. Dis soos om oefeninge te doen. Dieselfde goedvoelhormone word afgeskei wanneer jy lag. En boonop kan ek meer as 200 kJ verbrand deur sowat tien minute na iemand se grappies te luister. Jou weefsels kry meer suurstof en jou bloedvloei verbeter.

Lag maak jou gesond. Fisiek en geestelik.

Salomo vertel dat die deugsame vrou lag oor die ...

’n Vrolike mens is ’n gesonde mens, ’n neerslagtige mens raak uitgeput. (Spreuke 17:22) 

Ek lag graag hard. Dit laat my goed voel. As jy daaroor kan lag, kan jy daarmee saamleef. Dis soos om oefeninge te doen. Dieselfde goedvoelhormone word afgeskei wanneer jy lag. En boonop kan ek meer as 200 kJ verbrand deur sowat tien minute na iemand se grappies te luister. Jou weefsels kry meer suurstof en jou bloedvloei verbeter.

Lag maak jou gesond. Fisiek en geestelik.

Salomo vertel dat die deugsame vrou lag oor die dag wat kom. Sy ken geen kommer oor die toekoms nie. Dis jammer dat ons God se natuurlike medisyne van lag en vrolik wees heeltemal ignoreer en baie vinnig na ’n hoofpynpil gryp. Ons kan nie verbeter op sy plan nie. Ons dink net ons weet beter.

Gesonde lag is ’n wonderlike gawe van God. Hy gee ons die vermoë om hardop te lag vir onsself in die veiligheid van familie en vriende. Sy genade word aan ons bewys deur die vrede en teenwoordigheid van sy Gees. Volgende keer as jy hardop lag, stuur ’n stille “dankie” aan die Vader vir hierdie seëning.

Iemand het eendag gesê: “Vertel ’n grap en jou linkerbrein werk – ’vang’ die grap, begin lag en jou regterbrein werk.” As jy so jou probleem benader, sal jy gou ’n kreatiewe oplossing vind. Dis hoekom ’n mens kreatief is as jy laf raak.

Lag het ’n teenoorgestelde uitwerking op mense as stres en spanning, of selfs vrees. Dit los wel nie altyd jou probleem op nie, maar dit help jou darem om jou probleme positief te benader.

Ons Skepper het geweet hoe nodig ons lag sou hê om saam met al die spanning en bekommernis te moet leef.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top