Maak gebed jou eerste keuse
- Geloof MENTOR
- Liesel Krause-Wiid
As bekommernis aan jou knaag of as jou hart swaar voel, moenie begin kla of jou eie planne beraam nie. Begin net bid!
Moenie moed verloor en ophou bid nie
Ons los te dikwels gebed as ’n laaste uitweg. Daar is ’n lied wat sê: “Hoe verbeur ons tog die vrede, ag, hoe dikwels ly ons smart, net omdat ons nie ons node uitstort in Gods Vaderhart!”
Ja, ons vertel dikwels vir almal hoe groot die berg voor ons is, in plaas van om met die Een te praat wat berge kan versit.
Partykeer sê mense vir my: “Ek bid al weke en maande of jare oor ’n saak en dit voel of my gebede teen die plafon vasslaan. Hoe nou?” Nogtans word elke gebed gehoor. Moenie ophou bid omdat dit vir jou voel jy word nie gehoor nie.
’n Dogtertjie het eendag haar ouma bekyk terwyl sy room aan haar gesig gesmeer het. Sy vra toe vir haar ouma wat sy doen. Die ouma antwoord: “Ek sit room aan my gesig.” Die dogtertjie wou toe weet hoekom. “Want dit laat ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dis belangrik om te onthou dat jy in die wêreld is om diep spore te trap. Dit maak nie saak wat gebeur nie. Dit wat ...
Om te verander, moet jy besef daar is dinge wat jy anders sal moet begin doen. Die enigste manier om te verander is om die ...