
’n Ma maak foute, vergewe jouself!
- GeloofsTERAPIE
- Charné Cronjé
Alle mense maak soms ’n fout. Een sonde is nie die einde van die wêreld nie. Selfs wanneer jy as ouer misluk, kan jy jouself vergewe, glo CHARNÉ CRONJÉ.
Selfs goeie ouers maak soms verkeerde besluite
Om kinders groot te maak, is nooit maklik nie. Dit mag dalk een van die uitdagendste en mees frustrerende dinge wees wat jy tot nog toe sal aanpak. Veral omdat dit ’n voortdurende leerproses is.
Wanneer jy jou baba die eerste keer vashou, besef ’n mens nie altyd dadelik die verantwoordelikheid wat saam met ouerskap kom nie.
Ouers wil net die beste vir hulle bloedjies hê en moet baie besluite op ’n daaglikse basis neem. Besluite wat ’n groot impak op die gesin het en hulle vir die toekoms vorm.
Hierdie keuses kan moeilik wees en word gewoonlik deeglik oordink. Juis omdat ons so bang is om verkeerde keuses te maak.
Natuurlik wil ons glad nie foute maak nie. Ons wil graag alles reg doen, al die regte dinge sê wat ons kinders sal opbou en nie afbreek nie. Daar word soveel ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Sonder goeie geestelike waardes kan ons maklik van die “muur” afval en nie weer aanmekaargesit word nie. Net soos Hompie Kedompie, sê CATHERINE VAN HEERDEN. ...
Krap die wortels van jou vrees oop en put energie daaruit, sê LISA BOSMAN. Anders sal dit jou pootjie en keer dat jy jou roeping ...