Jy kan weer héél word

Jy kan weer héél word

Niemand spring lyding vry nie. Genesing ná seerkry is egter moontlik, sê skrywer en geloofkenner LIESEL KRAUSE–WIID

God is in ons seer seisoen steeds dáár

Dit was Oujaarsaand. Die hospitaalkamer was koud en klinies. Daar was min personeel aan diens. Buite het mense vrolik die nuwe jaar gegroet. In die verte het die klappers geskiet, maar my hart was gebreek. Ek het só alleen gevoel.

Die dokter se woorde het in my gedagtes rondgeskommel: “Hierdie ou babatjie is dood. Daar is nie meer ’n hartkloppie nie. Ek ...

Niemand spring lyding vry nie. Genesing ná seerkry is egter moontlik, sê skrywer en geloofkenner LIESEL KRAUSE–WIID

God is in ons seer seisoen steeds dáár

Dit was Oujaarsaand. Die hospitaalkamer was koud en klinies. Daar was min personeel aan diens. Buite het mense vrolik die nuwe jaar gegroet. In die verte het die klappers geskiet, maar my hart was gebreek. Ek het só alleen gevoel.

Die dokter se woorde het in my gedagtes rondgeskommel: “Hierdie ou babatjie is dood. Daar is nie meer ’n hartkloppie nie. Ek is so jammer, Mevrou.”

Hoe kan dit wees? Dit was dan reeds oor die “gevaarlike” tyd van swangerskap – bykans vier maande ver. Dit was boonop die derde miskraam. Dit het gevoel asof God van my vergeet het.

Daar in die hospitaalbed het ek weer besef dat niemand, ook nie kinders van die Here nie, pyn vryspring nie. Lyding is deel van die wêreld waarin ons leef. Niemand sal dit ooit heeltemal verstaan nie.

Tog glo ek met my hele hart dat Christene anders ly as die res van die wêreld. Daar is ’n Pa wat ons deur ’n moeilike tyd dra. Sy teenwoordigheid is ’n groot troos; Sy genade is elke môre nuut.

Vandag weet ek dat Hy in die seer seisoen steeds dáár was. Dit was nie toevallig dat die enigste ginekoloog wat ons daardie Oujaarsaand aan die Suidkus kon vind, ’n kind van God was nie. Nadat hy die hartseer nuus met my gedeel het dat die ongebore baba dood is, het hy vir ons gebid.

Genesing begin wanneer jy jou pyn vir God gee

Al het Hy ver gevoel, was God eintlik heeltyd daar. Hy het mense gebruik om my te troos en te bemoedig. Hy sorg mos vir Sy kinders in die woestyn!

Ons ly anders omdat ons ’n hemelse verwagting en vooruitsig het. Jesus het die dood oorwin en sodoende die angel uit die dood gehaal. Glo net, en jy het ook die ewige lewe!

As ’n mens seerkry koester en dit nie met jou Vader deel nie, skiet dit wortel en raak jy maklik bitter. Hy kan jou seerkry ten goede gebruik, maar dan moet jy Hom toelaat om dit te doen. Jy moet die einas stuk-stuk uitpak.

As jy jouself aan die Pottebakker oorgee, word daar iets moois gevorm. Moenie wegdraai van geloof as jy seer het nie. Hou eerder stywer daaraan vas, want dit is wat jou staande hou!

Genesing begin wanneer jy oor daardie pyn begin bid. Natuurlik weet Hy reeds daarvan, maar dit is nodig dat jy dit in Sy liefdevolle teenwoordigheid moet verwoord. Wanneer jy jou pyn saam met Hom deurtrap en deurwerk, kry jy krag en maniere om dit te verwerk.

Daar sal ook mense kom om jou te troos en moed in te praat. Maak jou oë oop vir vriende, familie, jou predikant of beraders wat jou kan help om heel te word. Leer by hulle.

Die pyn van die verlede help om jou te vorm sodat jy vanuit hierdie swaarkry met deernis en empatie ’n steunpilaar vir ander kan wees.

Met hemelse hulp kán jy weer heel word.

Deel die artikel

Méér artikels

Sonder goeie geestelike waardes kan ons maklik van die “muur” afval en nie weer aanmekaargesit word nie. Net soos Hompie Kedompie, sê CATHERINE VAN HEERDEN. ...

Vroue voel soms dis makliker om hulle pyn weg te steek en aan te gaan. MELISSA VAN BILJON sê jy mág maar huil, want trane ...

Scroll to Top