Mense, nes geboue, het onderhoud nodig

Mense, nes geboue, het onderhoud nodig

Fokus weer op die drome wat jy van jou fondasie af in jou hart se kamers bêre. Bou daardie droomhuis en laat die hoop en beloftes van reën jou inspireer om jou beste te wees, sê NADIA BEUKES.

Splinternuut, modern en op die oog af perfek aanmekaargesit pryk die gebou in die stadsverkeer. Die verkeerslig slaan oor na rooi en ek kry kans om dit van hoek tot kant te bekyk.

Die ontwerp is indrukwekkend en die afwerking baie netjies. Hoeveel gelukkige en dalk ook hartseer oomblikke gaan binne hierdie mure beleef ...

Fokus weer op die drome wat jy van jou fondasie af in jou hart se kamers bêre. Bou daardie droomhuis en laat die hoop en beloftes van reën jou inspireer om jou beste te wees, sê NADIA BEUKES.

Splinternuut, modern en op die oog af perfek aanmekaargesit pryk die gebou in die stadsverkeer. Die verkeerslig slaan oor na rooi en ek kry kans om dit van hoek tot kant te bekyk.

Die ontwerp is indrukwekkend en die afwerking baie netjies. Hoeveel gelukkige en dalk ook hartseer oomblikke gaan binne hierdie mure beleef word, en deur wie? wonder ek.

Alles op sy tyd. Alles op Sy tyd.

My oog tref die groot, wit inligtingsbord op die hoek van die perseel. Die bord is vol van die name van mense en maatskappye wat almal ’n bydrae tot die ontwikkeling gemaak het. Dit is egter net die amptelike name. Die name van die werknemers verskyn nêrens.

Baie maande het verbygegaan terwyl al hierdie werk gedoen is. Ek het gereeld verbygery en die hele proses dopgehou, die bakstene gesien voor hulle gepleister en geverf was. Toe dit nog onafgewerk en onvoltooid was, het dit my beslis nie so beïndruk soos nou nie. Tog was die werk nodig sodat die gebou vandag trots hier kan staan.

Alles op sy tyd. Alles op Sy tyd.

Dit is waaraan hierdie bouwerk my laat dink. Dit is reeds ’n stuk indrukwekkende argitektuur. Tog is dit nog nie heeltemal klaar nie en sal dalk nooit wees nie. Dit sal gereeld verander en reggemaak word wanneer nodig. Dalk word dit selfs eendag iets heeltemal anders.

Ontwikkeling en groei is ‘n tydsame en lewenslange projek

Met mense werk dit ook so. Ons weet nie altyd hoe die lewe ons gaan vorm en verander nie. Soms neem dit lank voor ons trots kan voel op wie en wat ons is.

Dalk benodig jy ook net ’n bietjie “pleisterwerk” en ’n lagie “verf” om weer nuut te voel.

Hierdie tydsame en lewenslange projek van ontwikkeling en groei kan jou soms moedeloos laat voel. Kyk dan op en sien die wolke raak wat soos ’n raam om die buitelyne van geboue vou.

Wees geduldig en hou aan om oorvloedig te hoop

Wolke is fassinerend!

Die woord “cumulus” beteken ’n “stapel” of ’n “hoop”. Dit verwys na die wolke, maar vir my gaan dit oor die ander betekenis van die woord “hoop”.

Dit was asof die Here vir my ’n raaisel gegee het toe ek so na die wolke begin staar het, asof Hy vir my ’n boodskap wou stuur.

’n Herinnering daaraan om nooit op te gee nie. Om selfs, meer as dit, oorvloedig te hoop. So kan ek oorloop en ook ander met hoop vervul. Hoop wat lewe beteken, soos die water wat die aarde voed.

In goeie tye, bêre ’n druppeltjie vertroue en emmers vol hoop in jou hart. Wanneer jou omstandighede dan ’n bietjie “droog” raak, sal jou wolke swaar genoeg gelaai wees om te kan reën. Tot jou eie én jou hartsmense se voordeel.

Wees geduldig en herontdek die boustene wat jou uniek maak.

Deel die artikel

Méér artikels

Sonder goeie geestelike waardes kan ons maklik van die “muur” afval en nie weer aanmekaargesit word nie. Net soos Hompie Kedompie, sê CATHERINE VAN HEERDEN. ...

Vroue voel soms dis makliker om hulle pyn weg te steek en aan te gaan. MELISSA VAN BILJON sê jy mág maar huil, want trane ...

Scroll to Top