’n Splinternuwe storie uit die pen van Elsa Winckler

In Elsa Winckler se boek, ’n Ierse knoop, bots die O’Connor-broers se planne vir ’n ontwikkeling op Fynbosbaai met die ideale van vier vroue wat die Kogelberg-biosfeer beskerm.  

Ontmoet Elsa Winckler se nuwe helde en heldinne  

Toe die vier Ierse O’Connor-broers, Sullivan, Declan, Liam en Rooney, besluit om ’n volhoubare behuisingsontwikkeling op Fynbosbaai te bou, loop hulle hulself teen Anke Joubert en haar vriendinne, kampvegters vir die omgewing, vas. 

Anke, ’n akademikus, skryf oor die perlemoenstropers in hul area.  

Miné du Toit, sosialemediabeïnvloeder, maak geraas oor bedreigde spesies op sosiale media.  

Eden Fourie probeer deur haar kuns bewustheid skep oor die broosheid van die Kogelberg-biosfeer.  

En Lika Bester, ’n skrywer en boekwinkeleienaar, ondersoek die verdwyning van ’n skooldogter ’n jaar tevore. 

Koop nou ’n Ierse knoop

Beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn by https://loom.ly/Ww5_ZPo

’n Groter gevaar bedreig hul almal se lewens  

Hoe meer vrae die vriendinne vra, hoe meer dreigemente ontvang hulle.  

Met die eerste opgrawings van die O’Connor-broers se ontwikkeling, kom hulle op menslike oorskot af.  

Is dit die vermiste skoolmeisie, of ’n ander slagoffer van vuilspel?  

’n Heerlike en meesleurende mengsel van spanning en romanse  

Elsa Winckler is een van die gewildste liefdesverhaalskrywers in Suid-Afrika.  

Haar Sutherland-reeks oor vier Skotse broers was veral baie gewild.  

Dié verhaal fokus op vier Ierse broers en speel in die asemrowende Kogelberg-biosfeer af.  

Elsa skryf sedert 2008 nadat sy haar honneurs in Engels voltooi het.  

Daar het reeds 60 Afrikaanse stories uit haar pen verskyn, sowel as 17 in Engels, 2 kinderboeke en vele kortverhale.  

Vier van haar liefdesverhale het ATKV-Woordveertjies gewen.  

Deel die artikel

Méér artikels

Die Mediterreense dieet, waarby die CSN-program perfek aansluit, fokus op vars, onverwerkte kos wat hartgesondheid, gewigsverlies en algemene welstand ondersteun as deel van ’n gesonde ...

In My hart klop so deel Rachelle Fourie haar eerlike lewensverhaal en wys hoe God haar deur uitdagings gelei het om haar ware identiteit te ...

Scroll to Top