’n Uitdagende pad van roeping, geloof en identiteit  

In My hart klop so deel Rachelle Fourie haar eerlike lewensverhaal en wys hoe God haar deur uitdagings gelei het om haar ware identiteit te vind.  

Die plek waar dit alles vir haar begin het  

Rachelle Fourie het bekendheid verwerf vir haar deelname aan die program Op My Eish!, waar sy kykers se harte verower het.  

Maar Rachelle se lewe agter die skerms het ook uitdagings gehad.  

In haar vroeë twintigs moes sy ’n hartoperasie ondergaan nadat sy onverwags met ’n atriale septumdefek gediagnoseer is. Dit was slegs een van die vele vormingsoomblikke wat haar identiteit en lewe oor die jare verryk het.  

Kry jou eksemplaar van My hart klop so

Nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel of aanlyn: https://loom.ly/FoAR940

’n Boek wat haar hart vasvang en weergee  

In My hart klop so vertel sy meer oor hierdie kwesbare tye en die mense en oomblikke wat haar siel en geloof gesmee het.  

Sy vertel ook oor haar tyd in Indië, ’n skokkende aanval op ’n familielid, haar onderwysdae, en die krag om oor te begin, goeie verhoudings en ware ­liefde. 

Vandage is sy mevrou Rachelle Rousseau en deel haar lewens- en geloofservaring met meisies en vroue as ’n gewilde motiveringspreker.  

Rachelle het ook haar eie podsending met dieselfde titel as haar boek waar sy gereeld met interessante mense en vriende oor hartsdinge gesels.  

Haar getuienis is ’n inspirasie vir elkeen wat dit lees 

My hart klop so is ’n getuienis van moed en deursettingsvermoë en hoe om jou ware identiteit te vind, te leef en te vier.  

Dit bied inspirasie vir elke meisie en vrou om ten volle haarself te wees en die Here te ken in alles wat sy doen.  

Maak hierdie besondere verhaal deel van jou lewe.  

Deel die artikel

Méér artikels

Ons almal het as kinders gedroom oor wat ons eendag wil word. Potchefstroom Akademie help jou om te besef dat dit wat jou toe geïnteresseer ...

Leierskap in die eiendomsbedryf gaan oor visie, integriteit en mense. Drie vroulike leiers by Gary Mann Estates deel hul insigte oor toonaangewende leierskap. Micaela Mann, ...

Scroll to Top