Nuut uit die pen van die doyenne van historiese fiksie!

In Rebekka van Kameeldoornplaas, uitgegee deur Lapa Uitgewers, neem Irma Joubert die leser op ’n ontdekkingstog – nie net na Engeland en terug in tyd nie, maar ook op Rebekka se reis na jong vrou word.

Tussen oorloë, tussen lande en tussen liefde

Op elf het Rebekka baie beleef. Sy was ’n kampkind in die Anglo-Boereoorlog en nou is sy ’n brandarm bywonerskind op Kameeldoornplaas.

Kort voor lank word sy kinderwagter vir ryk Engelse en is op ’n skip op pad Engeland toe.

Hier, in die sprokiesagtige Oxford, begin die onverskrokke Bekkie se nuwe lewe.

Nie net leer sy hoe om Engels met die warm-aartappel-in-die-mond te praat nie, maar ook hoe die wêreld werk.

Kry jou eksemplaar van Rebekka van Kameeldoornplaas

by jou naaste boekwinkel of aanlyn

Vind saam met haar uit wie sy regtig is

In die vreemde moet Rebekka nie net haar voete vind en aanpas by ’n nuwe leefwyse nie, sy moet ook leer wat haar plek in die lewe is.

Wie is sy regtig?

Is sy Boer of Brit?

Is sy Bekkie, kaalvoet Afrikanerkind van die sonverbrande Kalaharivlaktes?

Of is sy ’n wêreldwyse jongmeisie van Oxford?

ʼn Opwindende en onweerstaanbare reis na selfontdekking

Irma Joubert neem die leser op ’n onweerstaanbare ontdekkingstog – nie net na Engeland en meer as 100 jaar terug in tyd nie, maar ook op Rebekka se reis na jong vrou word.

Rebekka van Kameeldoornplaas is ’n meesleurende verhaal oor die wilde afdraaipaaie wat die noodlot neem, en hoe jy uiteindelik die enigste een is wat moet besluit wíé jy is en waarheen jy op pad is.

Kry jou eksemplaar van Rebekka van Kameeldoornplaas
by jou naaste boekwinkel of aanlyn

Deel die artikel

Méér artikels

Lewensversekering en ’n begrafnisplan word soms saam gegroepeer, maar  vervul verskillende finansiële behoeftes op verskillende stadiums van ’n mens se lewe. Wat kan ’n begrafnisplan ...

Die Helpende Hand Studietrust en die Virseker Trust Studiefonds help jongmense om finansiële struikelblokke te oorkom sodat hulle hul studies kan voortsit en met groter ...

Scroll to Top