Om die goeie in alles raak te sien

Om die goeie in alles raak te sien

MINKI VAN DER WESTHUIZEN se positiewe ingesteldheid is vasgemessel deur ’n paar lesse wat sy vandag met oortuiging leef. 

Wees positief en sien die goeie dinge raak 

Een van my beste en slegste eienskappe is dat ek vinnig en maklik vergeet. Veral moeilike of slegte tye.

Ek is oor die algemeen ’n baie positiewe mens wat daarvan hou om die goeie in alles raak te sien.

Om met my hele wese te glo dat dinge reg sal uitwerk. Dis ’n geloofsoortuiging, maar dit beteken nie ...

MINKI VAN DER WESTHUIZEN se positiewe ingesteldheid is vasgemessel deur ’n paar lesse wat sy vandag met oortuiging leef. 

Wees positief en sien die goeie dinge raak 

Een van my beste en slegste eienskappe is dat ek vinnig en maklik vergeet. Veral moeilike of slegte tye.

Ek is oor die algemeen ’n baie positiewe mens wat daarvan hou om die goeie in alles raak te sien.

Om met my hele wese te glo dat dinge reg sal uitwerk. Dis ’n geloofsoortuiging, maar dit beteken nie dat ek ongeraak is deur teleurstellings nie.

In die onsekerheid van die vermaaklikheidsbedryf is daar elke dag teleurstellende oomblikke.

Geleenthede waarvoor ’n mens gehoop het, wat nie realiseer nie. Oudisies wat onsuksesvol is. ’n E-pos-navraag vir seremoniemeesterwerk, wat op die ou end nie gebeur nie.

Dis steeds ’n gesukkel om ’n dik vel te ontwikkel. Ek kan nogal sensitief wees. Maar wat ek vandag vir seker weet, is dat hierdie teleurstellings niks met my menswees te doen het nie.

As ek nie die werk kry nie, is dit nie persoonlik nie. Daar word bloot na iets spesifieks gesoek wat iemand anders, in hierdie geval, beter sal kan vervul.

Hierdie les leer ’n mens sommer vroeg-vroeg al as model, waar alles oor die uiterlike en oppervlakkige gaan.

Ek is nie ’n oppervlakkige mens nie, en het geleer jy hoef nie jouself te verander om meer “aanvaarbaar” vir ander te wees nie. Elke werk en sy vereistes is uniek. En uit die aard van hierdie bedryf, is daar ’n plekkie in die son vir ons almal.

Natuurlik is dit menslik om soms jaloers te voel op iemand anders se sukses. Vir ’n breukdeel van ’n sekonde dink ’n mens: “Agge nee, ek wens dit was ek!”

Maar dan kom die besef weer: Minki, aanvaar dit. Berus by die feit dat God ’n baie spesifieke plan vir jou lewe het: saam met wie jy moet werk, wat jy moet doen, en waar Hy jou wil posisioneer om ’n impak en verskil in ander se lewens te maak.

Pak uitdagings aan met ’n positiewe ingesteldheid 

Ek het nog nooit gehou van ’n lewe vol drama, wroeging en draadwerk nie. Daar is ook nie vrees vir die hede of toekoms nie. Ek wil nie eens vrese uitspreek nie, want dit kom beslis nie van die Here af nie.

Maar, ek is ook maar net ’n mens, en soms is daar klein duiweltjies wat jou wil kom wysmaak: “Jy is nie talentvol nie … nie goed genoeg as ma en vrou nie … jou Engels is nie goed genoeg nie.”

Al lyk ’n mens se lewe soms baie glansryk, ervaar ek al die dinge waarmee ander mense ook worstel. Maar ek gaan haak nie daarby vas nie.

Dis ’n doelbewuste keuse om eerder lewe te spreek. In alle omstandighede en in elke gedagte, dwarsdeur die dag. Woorde van goedheid en guns oor ons gesin, familie, vriende, gemeenskap en land.

Die droom vir myself is om eendag te bly werk tot ek doodgaan. En om aan te hou om mense te inspireer; juis omdat ek net ’n doodgewone, plat-op-die-aarde mamma en vrou is met dieselfde uitdagings as ander.

Ek dink die geheim is om die uitdagings aan te pak met die regte ingesteldheid. Met ’n positiewe uitkyk en ’n vasklou aan die Here se beloftes. Dit is die dinge wat ek daagliks uitspreek, oor mediteer en oor bid.

Bloedjonk, op 21, het ek gedink hierdie is die kruin van die lewe. Dinge is so lekker, dit kan onmoontlik nie beter raak nie.

Vandag besef ek (en vir die toekomstige Minki wil ek sê): Die lewe word net lekkerder! Leef elke oomblik voluit. En leef met ’n ewigheidsperspektief.

Deel die artikel

Méér artikels

Sangeres en TV-aanbieder LEAH is positief, energiek, gewild, talentvol en het altyd ’n breë glimlag. Hoe bly sy positief, gelukkig en koester haar uniekheid? Wat ...

ELIZMA THERON het al groot hoogtes bereik as sangeres, aktrise en model, maar dié ma van twee weet dat haar gesin veel belangriker as roem ...

Scroll to Top