Perfekte ooggrimering vir elke dag

Perfekte ooggrimering vir elke dag

Net soos in natuur, verander die kleure van ons uitrustings en grimering om die beste van elke jaargety te maak. Volg die grimeerwenke vir ongelooflike oë.

Kikker enige vaal dag op deur met ’n moderne reënboogpalet te eksperimenteer totdat jy ’n kombinasie kry wat vir jou werk. Daar is geskikte oogskaduvermengings vir elke oogkleur. Speel met variasies vir ’n vars, stralende gelaat.

Om blou oë te beklemtoon: warm bruin met ondertone van oranje. Vir skitterende groen oë: ’n bietjie pers of wynrooi met natuurlike vanielje of goue nuanses. Om bruin oë te ...

Net soos in natuur, verander die kleure van ons uitrustings en grimering om die beste van elke jaargety te maak. Volg die grimeerwenke vir ongelooflike oë.

Kikker enige vaal dag op deur met ’n moderne reënboogpalet te eksperimenteer totdat jy ’n kombinasie kry wat vir jou werk. Daar is geskikte oogskaduvermengings vir elke oogkleur. Speel met variasies vir ’n vars, stralende gelaat.

Om blou oë te beklemtoon: warm bruin met ondertone van oranje. Vir skitterende groen oë: ’n bietjie pers of wynrooi met natuurlike vanielje of goue nuanses. Om bruin oë te komplementeer: neutrale bruine met grys ondertone saam met sagte pienk of pers.

Vir ’n dramatiese effek werk ’n diep pers, gemeng met bronsskakerings of selfs swart, wonderlik vir alle oogkleure.

Gebruik ’n middelgrootte plat grimeerkwas om ’n ligte beige tint oor die hele ooglid aan te wend en ’n fyn kwassie om ’n natuurlike ligbruin onder die wenkbroue in te vul. Bring met ’n ronde borsel ’n glanslose wynrooi, oranjebruin, grysbruin of pers van die binne- na die buitekant van die oog aan, effens bo die vou van die ooglid.

Ligte, medium en glanskleure kom altyd op die ooglid. Tik met ’n ronde borseltjie ’n donkerder bruin of pers in die buitehoeke van die ooglid. Maak ’n skadu in dieselfde tint op die onderste ooglid.

Gebruik ’n potlood of oogskadu in donkerbruin of pers om die wimpers te beklemtoon. Skakeer van binne na buite. ’n Romerige maskara laat wimpers voller en langer vertoon.

Deel die artikel

Méér artikels

Hier is ’n paar maklike wenke om ’n dowwe, moeë gelaat weer lewe en glans te gee en te bevogtig met die regte grimering. ’n ...

Goed gedefinieerde, voller wenkbroue gee definisie aan jou gesig. Dit is maklik om met ’n paar grimeerkunsies die illusie van perfekte wenkbroue te skep. Dié ...

Scroll to Top